Kwêla Aanbieders
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
- Coenie de Villiers
- Lise Swart
- Rozanne McKenzie
- Pieter Koen
Coenie de Villiers
Coenie de Villiers het al diep spore in die Suid-Afrikaanse radio- en televisiebedryf getrap. Hy was op verskillende maniere nou betrokke by radiostasies soos RSG, Radio Hoëveld, Radio Oranje en Radio Goeie Hoop. Benewens sy bekendheid as ankeraanbieder van Kwêla, was hy ook al aanbieder op programme soos Graffiti, Carte Blanche en Premiére. In 2002 het hy die toekenning as Beste Onderhoudvoerder op Afrikaanse televisie van die ATKV ontvang.
Hy het gereeld vir De Kat geskryf, en van sy artikels is ook al in INSIG, Sarie en Rooi Rose gepubliseer. In die musiekwêreld is hy eweneens geen onbekende nie: sy albums is al met twee Sarie-toekennings, een SCOTTY-toekenning en een ATKV-toekenning bekroon.
Sy album Zen het die SAMA-toekenning vir die beste kontemporêre album in 2003 gewen, en vir sy album Handgemaak het hy 'n GMT vir die Beste Liedjieskrywer ontvang. Hy het in 2005 'n ATKVeertjie ontvang vir Beste Televisie-aanbieder, en ook vir Beste Onderhoud.
Lise Swart
Lise Swart is ‘n Suid-Afrikaanse sangeres en aktrise wat veral bekend geword het as mede-aanbieder van die tweede seisoen van die musiekprogram Pitstop saam met Alvin Bruinders in 2006. Sy het ook Roer! op kykNET van 2004 tot 2005 aangebied. Lise is gebore in Kaapstad en het gematrikuleer aan die Hoërskool Hottentots Holland in Somerset Wes in 1996. Sy het BA Drama by Stellenbosch Universiteit van 1998 tot 2000 studeer, waarna sy besluit het om 'n sangloopbaan te volg.
Sy was ook al agtergrondsangeres vir verskeie van SA se top kunstenaars, insluitende Gert Vlok
Nel, Laurinda Hofmeyer en Anton Goosen.
Lise is 'n ervare reisiger en het van 2001 tot 2003 in Engeland gebly, waar sy ondervinding in verskeie velde opgedoen het, wat wissel van bestuursposisies tot assistent maatskap-like werker by 'n rehabilitasiesentrum vir dwelmverslaafdes. Gedurende haar reise het sy ook ondervinding opgedoen in die musiek-industrie en vertonings in Londen gedoen.
Sy het ook die 3e seisoen van die realiteits modelkompetisie, Revlon Supermodel saam met Michelle McLean aangebied.
Rozanne McKenzie
Rozanne McKenzie is ‘n gebore Kapenaar met ‘n passie vir dieuitvoerende kunste.
Sy het in 2003 haar honneurs in drama aan die Universiteit van Kaapstad behaal, en het sedertdien nog nie terug gekyk nie. Benewens verskeie televisierolle (Madam & Eve, Interrogation Room en Going Up Again) was sy ook in ‘n handvol internasionale en plaaslike advertensies te sien.
Sy het ook haar staal as opgeleide danser in vele verhoogproduksies (Grease, King Lear, Miss Rock) gewys en was die hoofrolspeler in die gewilde groep, Freshly Ground, se musiekvideo, I Like. Haar studente-werk as aanbieder en nuusleser op UCT radio het haar goed voorberei vir haar rol as veldaanbieder vir Kwêla.
Pieter Koen
Pieter Koen is in Standerton gebore. Musiek was nog altyd in sy bloed, en as kind was hy twee jaar aan die Drakensberg
Seunskoor verbonde. In 1996 het hy as aanbieder by Radio Rippel begin werk.
Gedurende díe tyd is sy kenmerkende Skud jou biscuit gebore! Hy het al verhoë met van ons land se bekendste kunstenaars soos Sonja Heroldt, Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Sunette Bridges en Dozi gedeel. In 2003 het hy as veldaanbieder by die Kwêlaspan aangesluit.
Dit alles doen hy so tussen sy optredes, konserttoere en die vrystelling van CD's deur! Sy harde werk het vrugte afgewerp, want hy het 'n ATKVeertjie-toekenning ontvang vir beste aanbieder in 'n tv-joernaal-program vir die jaar 2007.
Lees meer oor Pieter se CD's en verhoogoptredes op sy webwerf.
kykNET het verlede jaar hulle 10de




