Kwêla en Rapport se Dorp van die Jaar kompetisie

dorp van die jaar

  • Oos, wes, watter dorp is bes?
  • Bepalings & Voorwaarders
  • Genomineerde dorpe
  • Wendorp

Die sms-lyne vir die Dorp van die Jaar kompetisie is nou gesluit.

World Luxury HotelsPersone wat in die finale rondte van Kwêla en Rapport se Dorp van die Jaar-kompetisie gestem het, kom outomaties in aanmerking vir die volgende prys wat deur World Luxury Hotel Awards geborg word:

  • 2 Air Mauritius retoer-kaartjies tussen Johannesburg of Kaapstad en Mauritius

  • Vervoer na en van die lughawe

  • 7 nagte se verblyf vir twee, by ‘n 5-ster oord in Mauritius

  • Aandete en ontbyt daagliks

  • 1 sessie in die oord se spa, vir 2 persone

  • ‘n Keuse van een oord-aktiwiteit vir 2 persone

Die prys se totale waarde is R60 000. Lughawe-belasting is nie by die prys ingesluit nie.

Mauritius Prys

Die 9 finaliste is:

Heidelberg (Gauteng)
St. Lucia ( KwaZulu-Natal)
Thabazimbi (Limpopo)
Wakkerstroom (Mpumalanga)
Springbok (Noord-Kaap)
Potchefstroom (Noordwes)
Graaff-Reinet (Oos-Kaap)
Clarens (Vrystaat)
Mosselbaai (Wes-Kaap)

Kliek hier om na die 9 finaliste op You Tube te kyk.

Die sms-lyne vir die Dorp van die Jaar kompetisie is nou gesluit.

 

Oos, wes watter dorp is bes?

Vergeet vir ’n oomblik van misdaad en korrupsie en die goed wat jou bloeddruk laat styg as jy die koerante oopslaan.

Feit is, Suid-Afrika is ’n lékker plek om te bly. Sonskyn en braaivleis – winter en somer, die pragtigste natuurskoon en hel, man, mense wat ken van lag. En van kuier saam met familie en pêlle.

Maar vra nou ’n slag oor ’n tjoppie op die rooster jou vrinne wáár in Suid-Afrika is die lekkerste plek om te woon of om heen weg te breek?

Is dit ’n dorp op die wynroete van die Boland? Is dit êrens in die Bosveld waar jy met hadidas en die getjank van hiënas kan wakker word?

Lê jou hart se punt aan die Weskus met sy hartlike mense, kreef en harders? Of wil jy die son sien ondergaan soos hy nét oor die Laeveld kan sak?

Dis vanjaar jóú kans om te sê watter dorp die lekkerste, die mooiste, die hartlikste plek in die land is.

Kwêla het hande gevat met die Sondagkoerant Rapport en saam gaan ons vanjaar die gewildste dorp in Suid-Afrika aanwys.

Die kompetisie word nie deur burgemeesters en belanghebbendes bepaal nie, maar deur ons kykers en lesers sélf.

Kwêla en Rapport se Dorp van die Jaar-kompetisie word geborg deur Leopard’s Leap Wyne. Hieroor sê Henniel Smit, handelsmerkbestuurder: “Leopard’s Leap Wyne is met trots ’n borg van dié kompetisie. Dit is vir ons opwindend om seker te maak dat die dorpe met die grootste gees, mees betrokke inwoners en diepste wortels op die voorgrond kom. Leopard’s Leap sal natuurlik deurentyd seker maak dat gelukkige kykers en lesers met ’n wyntjie beloon word.”

Kwêla gaan voortaan die kykers elke Woensdagaand op hoogte hou van die nominasieproses en kompetisie.

Rapport soek saam na die lekkerste dorp in die land en sal dan ook, soos Kwêla, oor die volgende paar maande besoek aflê by die top-dorp in elkeen van die nege provinsies. As jy Kwêla op Woensdae mis, kyk uit vir heruitsendings deur die loop van die week.

Só verloop die proses:

Die sms-lyn is reeds oop vir nominasies van jou gunsteling dorp in die land. Uit dié stemme gaan die drie gewildste dorpe in elkeen van die nege provinsies gekies word.

Dan raak die kompetisie taai. Kykers gaan dan stem vir hul gunsteling uit die top-drie van elke provinsie.

En as ons ’n wenner in elke provinsie het, dan vat ’n verslagspan van Rapport en Kwêla die lang pad na die uithoeke van die land om dié nege dorpe te besoek. Ons skryf en verfilm die lekker uit elkeen van die nege dorpe los – en dan’s dit lesers en kykers se laaste kans om die top-dorp van Mzansi te kies.

Dié is ’n kompetisie nié vir die skoonste dorp of die dorp met die beste munisipaliteit nie – daarvoor is daar ander kompetisies wat op ’n politieke vlak bedryf word. Nee, dié kompetisie gaan oor waar Rapport se lesers en Kwêla se kykers hulself tuis voel.

Deurentyd sal lesers en kykers wat per SMS stem pryse kan wen met die komplimente van Leopard’s Leap. Ietsie om te drink langs die braaivleisvuur.

Die ‘huisreëls’:

Die belangrikste is die vraag: Wat is ’n dorp? Mense mag enige plek benoem met minder as 500 000 inwoners. Ja, ja, ons weet, party mense sê sodra daar ’n katedraal is, is dit ’n stad, maar ons gaan met die afsnypunt van ’n halfmiljoen inwoners, met of sonder die katedraal!

Enige woondeel of dorp wat binne ’n metropolitaanse gebied lê, kan nie deelneem nie. (Jammer dus aan Kaapstad, Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en al hul woonbuurte of voorstede.)

Lesers/kykers mag enige dorp benoem – nie noodwendig die een waarop hulle bly nie. En hulle kan selfs meer as een dorp benoem in die eerste fase van die kompetisie.

  • As jy die bepalings en voorwaardes gelees het en steeds ’n navraag het, bel Hetta Saunderson van M4 Events and Promotions by 082 920 3444.

Kliek, op Bepalings & Voorwaardes om die volledige uiteensetting te sien.

 

dorp van die jaar

Die sms-lyne vir die Dorp van die Jaar kompetisie is nou gesluit.

Bepalings & Voorwaarders

  1. ’n Dorp kwalifiseer vir Kwêla en Rapport se Dorp van die Jaar- kompetisie as daar minder as 500 000 inwoners is en die dorp of woongebied nie binne ’n metropolitaanse gebied val nie.
  2. Lesers/kykers kan enige dorp in Suid-Afrika nomineer en Namibiërs mag ook stem.
  3. Om jou gunsteling-dorp te nomineer, SMS net die naam van die dorp na 33157.
  4. As die naam onlangs verander het of in die proses is om te verander, kan jy die ou óf nuwe naam SMS.
  5. Jy mag meer as een dorp nomineer.
  6. Jy hoef nie op ’n dorp te woon om die dorp te nomineer nie.
  7. Die nominasies sluit Dinsdag 13 April om 12:00.
  8. Die vyf dorpe per provinsie met die meeste nominasies word voorgelê aan die beoordelaars, wat saamgestel is uit verteenwoordigers van Kwêla, Rapport, kykNET en Leopard’s Leap.
  9. Die beoordelaars kies drie uit die vyf dorpe per provinsie vir die semifinale ronde van die kompetisie.
  10. In die semifinale ronde kry kykers/lesers weekliks die geleentheid om vir hul gunsteling-dorp in elke provinsie te stem.
  11. Die sluitingsdatum vir elke provinsie sal weekliks  in Rapport en op Kwêla bekend gemaak word en die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.
  12.  Wanneer elkeen van die nege provinsies se top-dorp bekend gemaak is, kry lesers/kykers die geleentheid om in die finale ronde vir die wendorp van die jaar te stem.
  13. Die sluitingsdatum vir die finale ronde is Vrydag 30 Julie om 12:00.
  14. Die wendorp sal in Rapport en op Kwêla bekend gemaak word.
  15. ’n SMS kos R1,50.
  16. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook verreken word.
  17. Daar word 100 SMS’e per selfoon per stemming toegelaat.
  18. Die beoordelaars se beslissing is finaal.
  19. Geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
  20. Deelnemers neem op eie risiko deel en Rapport, Kwêla, kykNET en Leopard’s Leap aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, beskadiging of skade wat regstreeks met die deelname aan die kompetisie verband hou  nie.
  21. Indien wetgewing vereis dat die kompetisie gekanselleer word , is Rapport, Kwêla, kykNET en Leopard’s Leap nie verantwoordelik vir die pryse of koste van SMS-inskrywings nie.
  22. Persone onder agttien sal nie vir die wynpryse in aanmerking kom nie.
  23. Werknemers van Rapport, Kwêla, kykNET en Leopard’s Leap sal nie vir die pryse in aanmerking kom nie.
  24. Die pryse is nie oordraagbaar nie en nie vir kontant omruilbaar nie.
  25. Vir navrae kontak Hetta Saunderson by 082 920 3444
  26. Besoek gerus ook die ander webwerwe vir meer inligting www.leopards-leap.com, www.rapport.co.za en www.kyknet.co.za

dorp van die jaar


Genomineerde dorpe

Baie geluk aan die volgende genomineerde dorpe!

Hier is hulle (in alfabetiese volgorde):

Gauteng:

  1. Cullinan
  2. Heidelberg - Gauteng se wenner
  3. Henley-on-Klip

Kontak gerus vir Vasti van Wyk of Veronica Oosthuizen vir meer inligting oor Heidelberg by 016 349 1261.

KwaZulu-Natal:

  1. St Lucia - KwaZulu-Natal se wenner
  2. Utrecht
  3. Vryheid

Kontak gerus vir Mariska Deck vir meer inligting oor St Lucia by 035 590 1777 of info@stluciainfo.co.za.

Limpopo:

  1. Haenertsburg
  2. Mookgopong (Naboomspruit)
  3. Thabazimbi - Limpopo se wenner

Kontak gerus vir Bernadine Nel by knader@mweb.co.za vir meer inligting oor Thabazimbi.

Mpumalanga:

  1. Barberton
  2. Dullstroom
  3. Wakkerstroom - Mpumalanga se wenner

Kontak gerus vir Lynn Warner by info@wakkerstroomtourism.co.za of 017 730 0606 vir meer inligting oor Wakkerstroom.

Noord-Kaap:

  1. De Aar
  2. Springbok - Noord-Kaap se wenner
  3. Upington

Kontak gerus vir Pieta van der Walt van die Springbok Hotel by 027 712 1161 of springbokhotel@jcbotha.co.za vir meer inligting oor Springbok.

Noordwes:

  1. Hartbeespoort
  2. Potchefstroom - Noordwes se wenner
  3. Sannieshof

Kontak gerus vir Magda Cilliers by magdac@potch.co.za of 018 299 5371 vir meer inligting oor Potchefstroom.

Oos-Kaap:

  1. Graaff-Reinet - Oos-Kaap se wenner
  2. Jeffreysbaai
  3. Patensie

Kontak gerus vir Chantelle Marais by info@camdeboocottages.co.za vir meer inligting oor Graaff-Reinet.

Vrystaat:

  1. Clarens - Vrystaat se wenner
  2. Parys
  3. Zastron

Kontak gerus vir Garth Brook  by 058 256 1664 of 058 256 1649 of garth@btwo.co.za; of vir Dolores van Clarens Destinations by 058 256 1189 of clarens@bhm.dorea.co.za vir meer inligting oor Clarens.

Wes-Kaap:

  1. Mosselbaai - Wes-Kaap se wenner
  2. Paarl
  3. Robertson

Kontak gerus vir Marcia Holm by manager@visitmosselbay.co.za vir meer inligting oor Mosselbaai.

 

Kliek hier om na die 9 finaliste op You Tube te kyk.


Wendorp 2010 - Graaff-Reinet

Graaff-ReinetGraaff-ReinetBaie geluk aan Graaff-Reinet in die Oos-Kaap - Kwêla en Rapport se top dorp van 2010.

Kontak gerus vir Chantelle Marais by info@camdeboocottages.co.za vir meer inligting oor Graaff-Reinet.

 

Mosselbaai was in die tweede plek met 20 934 stemme.
Kontak gerus vir Marcia Holm by manager@visitmosselbay.co.za vir meer inligting oor Mosselbaai.

Clarens was derde met 10 105 stemme.
Kontak gerus vir Garth Brook  by 058 256 1664 of 058 256 1649 of garth@btwo.co.za; of vir Dolores van Clarens Destinations by 058 256 1189 of clarens@bhm.dorea.co.za vir meer inligting oor Clarens.

Springbok was in die vierde plek.
Kontak gerus vir Pieta van der Walt van die Springbok Hotel by 027 712 1161 of springbokhotel@jcbotha.co.za vir meer inligting oor Springbok.

 

 


Kwela joernaalprogram

Pieter Cilliers Produksies vervaardig die afgelope 11 jaar kykNET se vlagskipjoernaal, Kwêla.

Kwêla

Hierdie week op Kwêla
 

- DJ Ossewa groet ‘n geliefde lid
- Valiant en Ollie is wild en wakker
-
Casper de Vries gaan groot
- Gareth Cliff kom kuier in die ateljee
-
Antie Leggie se hart klop rugby
- Chané sing en dans verskeie medaljes los

- Kwêla se Amateur video-kompetisie skop die 15de September af!

Dorp van die jaar

Kwêla


Kwêla-uitsaaitye
kykNET, DSTV-kanaal 111
Regstreeks
Woensdag - 20:00
Heruitsendings
Do - 14:30, Vr - 10:30,
Sa - 02:30 & 18:00
So - 13:30 en Ma - 08:30


SMS-kompetisie
SMS’e na 33156 kos R1.50
SMS IDOLS na 33156
SMS WILD na 33156

Kompetisie-wenners

Kwêla

 

Kwela joernaalprogram

Lag'n slag... Kwêla Funnies
Die nuuste, Kwêla Funnies 3 DVD is nou landwyd in winkels beskikbaar.


Kontak besonderhede

Pieter Cilliers Produksies
posadresPosbus 1174
    Pinegowrie, 2123
teltel: 011 - 789 6780
faks faks: 011 - 789 6647
e-pos info@pcp.co.za
e-pos kwela@kyknet.co.za