Kwêla Funnies is 'n splinternuwe kykNET-reeks wat in 2011 weer die snaakste van snaakse video's wat sedert 2002 deur Kwêla-kykers vir dié program se baie gewilde Kwêla Amateur Video-kompetisie ingeskryf is, gewys het. In die finale episode van Kwêla Funnies het die kollig geval op al die wen-video’s vanaf 2002 – 2010.
Kwêla DVD's
Kwêla se Amateur Video-Kompetisie is enig in sy soort in Suid-Afrika en bekoor reeds sedert 2002. Die Kwêla Funnies en Kwêla Feite en Geite DVD's is in meeste DVD/CD winkels beskikbaar en kan ook by www.kalahari.net bestel word.
Gaan loer op ons Verkope-blad vir meer inligting.
2012 se Video-kompetisie behoort April se koers te open vir inskrywings.
Al die besonderhede en nodige inskrywingsvorms sal dan op ons webtuiste beskikbaar wees.
Die inskrywings sal gepos kan word na, nadat die kompetisie geopen het:
Kwêla Amateur Video-kompetisie 2012
Pieter Cilliers Produksies
Posbus 1174
Pinegowrie
2123
Inskrywings kan nie per epos ontvang word nie.
Pieter Cilliers se splinternuwe boek, Soeker, word deur Protea Boekhuis uitgegee en is nou beskikbaar. 'n Kas is vir klere, is in Soeker vervat.
Bestellings kan ook by www.graffitiboeke.co.za, www.exclus1ves.co.za of www.kalahari.net geplaas word. Gaan kyk gerus onder "Boeke" op ons Verkope-blad vir meer inligting oor Soeker.
Kwêla is in 2007, 2008 en in 2010 deur die
ATKV met ‘n Mediaveertjie bekroon as
Beste Afrikaanse Joernaalprogram



