Produksiespan

Pieter Cilliers
Pieter CilliersPieter Cilliers het in 1969 aan die Rustenburgse Hoërskool gematrikuleer en daarna teologie by Tukkies gaan studeer. Hy het in 1976 as predikant van die Hervormde Kerk gekwalifiseer nadat hy die grade B.A. (1972) en B.D. (cum laude - 1975) aan die Universiteit van Pretoria voltooi het.

Hy was in die bediening tussen 1976 en 1981 en het in dié tyd ’n Kommunikasiekundegraad (met lof) deur UNISA voltooi. >> lees meer

Marié Minnaar
Marié Minnaar het haar skoolopleiding in Johannesburg voltooi en is toe Potchefstroom toe waar sy Kommunikasiekunde studeer het en in haar vierde jaar in joernalistiek en televisie gespesialiseer het.

Marié MinaarSy was gelukkig genoeg om dadelik werk in die bedryf te kry, en het in 1993 by die SABC begin werk, by die destydse Televisie Nuus Produksies. Sy is aangestel as produksie-assistant by die Ekonomiese Redaksie, en het gou ook as tegniese regisseur betrokke geraak by verskeie programme. ‘n Skuif na TNP se Aktualiteitsprogramme het gevolg, en in 1995 is sy as regisseur aangestel by die destydse Safritel. Dit was dié pos by Sign Hear!, ‘n joernaalprogram vir Dowes, wat haar laat paaie kruis het met Pieter Cilliers.

In 1998 is Sign Hear! beëindig, en ‘n nuwe joernaalprogram vir Dowes is uitgekontrakteer na Pieter Cilliers Produksies. Marié was een van die regisseurs wat saam met Pieter aan die nuwe program gewerk het. Daarna was sy deel van die span wat die oorspronklike Pasella lewe gegee het, en ook later die kykNET-programme Kwêla en Kunskafee. Sy is sedert einde 2005 uitvoerende regisseur van Kwêla.

Ria Engelbrecht
Ria was vir 18 jaar lank 'n Afrikaans hoërskool-onderwyser, Ria Engelbreghtmaar het besluit om voor 40 'n paar veranderinge in haar lewe te maak. So begin sy toe by Pieter Cilliers Produksies werk. Sy help stories soek, reël ateljeegaste, maak kontak met die pers, platemaatskappye, uitgewers en kunstenaars en hanteer kykers- en ander navrae.

Ria glo aan die gesonde-liggaam-gesonde-gees-ding. As sy nie werk nie, stap sy graag met haar twee worshonde, lees, maak tuin, luister mooi musiek, doen ‘n paar oefeninge, maak ‘n draai in die teater, of kuier met familie en goeie vriende. In die winter is opkrul voor die kaggel hoog op die prioriteitslys.

Leonie Human

Leonie is in Welkom, ‘n stad in die goudvelde, gebore. Na skool het sy verpleging op Kovsies gaan studeer.  In haar  vierde jaar Leonie Human het sy vir Lourens ontmoet.  Dit het haar ‘n goeie rede gegee om Gauteng toe trek.  Tot vandag toe weet niemand regtig of dit was om by Lourens te wees, of om weg te kom van die studies (veral Chemie) af nie…

In Johannesburg het sy by ‘n mediese praktyk in Aucklandpark gaan werk.  Dit wat haar kameraman-man haar nie van die televisiewêreld geleer het nie, het sy by die baie pasiënte wat by die SAUK werk, geleer.  Na hulle twee seuns se geboorte het Leonie besluit om voltyds kinders groot te maak.  Toe hulle kleuterskool toe is, het sy by Top Billing gaan werk om uit te vind wat alles agter die skerms in die televisiewêreld aangaan. 

Hierdie ondervinding het handig te pas gekom toe Leonie by Pieter Cilliers Produksies begin werk het.  As produksiebestuurder is sy daarvoor verantwoordelik om toe te sien dat alles in die kantoor vlot verloop.  Of dit nou bande is wat op die onmoontlikste tye opraak, krag wat op uitsaaidag onderbreek word, of kantoor-etes wat op die nippertjie gereël word, Leonie staan vir alles in en sorg dat elke ding op die regte tyd gebeur.  Danksy haar werksondervinding en veral die lewenservaring wat seuns-grootmaak haar gegee het,  is sy gelukkig goed daarmee om toe te sien dat ten minste tien verskillende goed op een slag klaar kom! 

Alizia Kuswayo

Ali KuswayoAlizia is in die Springbok-omgewing op 'n klein dorpie met die naam Nababeep - so reg in die hartjie van Namakwaland - gebore. Sommer van vroeg af - tussen die nonne van 'n katolieke meisieskool - het sy in drama belanggestel, en sy het Suid-Afrika al in Weenen en New York in 'n internasionale redenaarskompetisie verteenwoordig.

So tussen Broadway en die stofstrate van Springbok het die televisiegogga haar gebyt. Sy het 'n BA (Hons.) graad in Oudiovisuele Produksiebestuur aan RAU voltooi. Haar groot droom is om 'n gevestigde naam in die Suid-Afrikaanse televisiebedryf te word. Daar is só baie Namakwalandse stories wat vertel kan word, en 'n film of twee agter haar naam sal ook nie sleg wees nie. Haar uiteindelike doel met al díe geld en roem: om 'n filmteater op Springbok te bou!

Garland-Waide Bradford
Garland het groot geword op ‘n gesonde dieët van Star Wars en Bruce Lee-films. Dit was eers op Hoërskool dat sy liefde vir lees na skryf verander het, en hy die media baie aanloklik begin vind het.

Garland-Waide BradfordNa matriek het hy sy Nasionale Diploma in Openbare Skakeling behaal by die Universiteit van Johannesburg. Daarna het hy vir ‘n kort tydperk in die Koörporatiewe wêreld gewerk. Sy liefde vir die media het egter bly roep, en sy avontuurlus het hom gedryf om sy passie vir die televisie uit te leef. Toe die kans opduik om by Pieter Cilliers Produksies te begin werk was dit nie nodig om twee keer te vra nie!

Hy hou van skryf, lees en animasie, en volgende op sy lysie van dinge wat hy wil bemeester is rekenaar vervaardigde visuele effekte.
Ander belangstellings sluit in Nordiese en Ou Engelse mitologie, en op sy boekrak is dit die werke van Tolkien en C.S. Lewis wat hom die naaste aan die hart lê.

Hanné Koster
Hanné bly in Port Elizabeth en sorg dat gebeure in die Oos- en Suid-Kaap nie ongesiens verby gaan nie! Sy's 'n dosent in die Departement Hanné KosterJoernalistiek, Media en Filosofie by die Nelson Mandela Metropolitan University. Haar loopbaan het begin met 'n Honneursgraad in Kommunikasiekunde by Kovsies. Daarna het sy gewerk by SAUK Radionuus en TV-aktualiteitsprogramme soos Agenda, Truth Commission Special Report en Fokus. Sy was betrokke by verskeie vryskutprojekte en programme soos Free Spirit, die realiteitsreeks Supermodel 2005 en die dokumentêre reeks Die liedjies wat ons ken. Vandat Kwêla en Kunskafee die lig gesien het, is sy deel van die span. Wanneer sy nie werk nie is sy waarskynlik besig met musiek, scuba of fotografie. Jy kan meer van haar talent gaan uitvind op www.pixtogo.co.za

Riaan Badenhorst
Riaan BadenhorstEk is gebore in die Oos-Rand, maar het mens geword in die Oos-Kaap.
My loopbaan by Pieter Cilliers Produksies het in 1997 begin pas nadat ek my universiteits-opleiding by Kovsies voltooi het. Ek was ‘n student in Coenie de Villiers se honneursklas waar hy my geleer het wat dit is om ‘n opninie oor iets te vorm. Ek beskou hom steeds as ‘n mentor.

Skool en universiteit is egter ‘n plek waar ‘n mens leer hoe om “ondervinding” te spel.
Ek het my tande gesny op SigNature, ‘n joernaalprogram vir Dowes, en was vir 5 en ‘n half jaar lank betrokke by Kunskafee, kykNET se kunsjoernaalprogram. Van dag een af was ek ook ‘n insetselregisseur vir Kwêla.
Ek woon sedert September 2006 in Franschhoek in die Boland vanwaar ek my vinger op die pols van stories in die Wes-Kaap hou, en soms vat ek die pad na die Karoo, Weskus of Overberg toe agter insetsels aan.
Die afgelope paar jaar help ek ook met die redigering van die videos vir die algemene afdeling van ons video kompetisie. My gunsteling stories is dié oor mense wat inspireer en ‘n verskil in die samelewing maak. Ek is mal oor boeke, kuns, krieket, roadtrips, padstalle, wyn, argitektuur, vleisbraai, lekker eetplekke, my fynbostuin, my haas en my kat.

Ronel Moodie
Ronel Moodie is ‘n Vrystaatse plaasmeisie wat in die Senekal omgewing grootgeword het. In 1997 matrikuleer sy aan die Hoër Meisies Skool Oranje in Bloemfontein. Na ‘n jaar van interessante reise en ervarings in Europa, voltooi sy haar graad in Bedryfskommunikasie aan die Potchefstroomse Universiteit. In haar finale jaar spesialiseer Ronel Moodiesy in die vak wat haar passie geword het: audio-visuele kommunikasie. Hierdie keuse van haar het vele ure in die Vredefort koepel tot gevolg gehad, tydens die verfilming van Mamma Umfene, The Rita Miljo Story, ‘n dokumentêr oor bobbejane. Sy en haar spanmaats het ‘n toekening vir die beste tegniese bydrae verower op die jaarlikse ‘MNET EDIT Awards’ en dit het ook vir haar ‘n internskap by 50/50 besorg.

By Media World in Johannesburg gee Ronel haar eerste tree in die korporatiewe omgewing, maar kort voor lank het die reis-gogga die oorhand gekry en verruil sy Suid-Afrika vir Brittanje.  Kontiki Toere was haar eerste pitstop en na ‘n seisoen as toergids het sy weer na die televisiebedryf (haar eerste liefde) verlang. Haar tyd in die buiteland was egter van onskatbare waarde en hier doen sy waardevolle ervaring op: vryskut ‘kameravrou’, editor en grafiese ontwerper is slegs ‘n paar van die posisies wat sy moes volstaan. Haar werk neem haar na talle interresante bestemmings, maar na 5 jaar mis Ronel en haar man hul families, die sonskyn en Suid-Afrikaanse kultuur te veel en besluit om begin 2009 die pad huis toe aan te durf via die Midde-Ooste en Suid-Oos Asië.

In Julie 2009 word sy deel van die Pieter Cilliers-span en so tussen deur die regie en webontwerp, vind sy weer haar voete terug in die Suid-Afrikaanse televisiebedryf.



Simoné Viljoen
Op skool was Simoné ‘n beter skouspringruiter as ‘n getroue skoolbesoeker. Simoné ViljoenNietemin het sy haar matriek met lof geslaag. Daarna het haar ouers haar, sonder haar medewete, by die PUK vir ‘n vier jaar graadkursus in Bedryfskommunikasie ingeskryf, omdat sy nooit self kon besluit wat sy eendag wou word nie. Gelukkig het hulle besluit vrugte afgewerp. In haar vierde jaar het sy en vyf spanmaats twee pryse met hul navorsing oor liggaamsbouers verower – en haar eerste storie vir Kwêla het juis oor liggaamsbouers gegaan.

In haar vierde jaar het sy Korporatiewe Kommunikasie, Oudovisueel en Ondernemingsbestuur as hoofvakke gekies, maar vinnig besef dat Korporatiewe Kommunikasie en Ondernemingsbestuur aan die kortse ent trek.

Sy het baie vinnig die PUK se redigeersuites haar blyplek gemaak en daar geëet, geslaap, ander klasse gebank en stories vir Sêdit gemaak.

Tydens haar finale jaar het sy vir die eerste keer met die “regte” televisiewêreld kennis gemaak en saam met die regisseur Jan Horn aan sy dokumentêr Suip City begin werk. Met hulle eerste ontmoeting het hy sommer besluit sy is assistentregisseur, en saam het hulle rondgerits om uit te vind waarom studente so baie alkohol gebruik (pleks hy sommer vir haar gevra het!).

In dieselfde jaar het sy ingeskryf vir Kwêla se Studente Joernalistiekkompetisie en die 2de plek losgeslaan. Deel van die prys was ‘n drie maande internskap by Pieter Cilliers Produksies. Die drie maande is nou al ses jaar, en sy het van teemeisie tot pakdonkie en kabel-oprolspesialis gevorder voordat sy aan die einde van 2003 as regisseur aangestel is.

Betsie Pretorius
Betsie is in Kroonstad gebore, maar woon sedert Betsie Pretoriusdaardie dag op basies presies dieselfde plek in Roodepoort, Johannesburg.  Na Hoërskool is daar op die Regte besluit as beroep, hoofsaaklik as gevolg van Ally McBeal en The Practice, en tot ‘n mindere mate as gevolg van self-ondersoek.

Nadat die Regsgraad voltooi is, is daar (effens laat) besef, dat die kursus baie meer vervulling bied as die beroep, en dat sy dalk meer belangstel in die vervaardiging van bogenoemde TV-reekse, as die grusame regsake waaroor dit handel.  Daar is oorbeweeg na die Kommunikasie departement en hoewel die skuif nie te ver was nie, was dit beslis ‘n beter pasmaat.  Stories vertel was inderdaad nog altyd haar passie, en die vertel van mooi en interessante stories het nou op die horison gelê - 'n welkome verandering van die stories van die Johannesburg en Roodepoort se Landdroshowe.

In Mei 2009 word haar wens, om in Afrikaans stories te vertel, waar.  Sy is tans deel van die Kwêla-span by Pieter Cilliers Produksies, en dankbaar dat sy mag help om mooi en interessante stories te vertel vir ‘n lewe.  Betsie hoop dat sy eendag lekker sal kan kook en droom dat sy die hele wye wêreld sal sien - wyl sy aanhou lees, skryf, dans, gesels, lag en stories vertel.

Lizelle Rooi
Lizelle RooiLizelle is in die Vrystaat gebore en in Johannesburg getoë. Sy is ‘n ywerige romanleser en dit is dié belang wat haar aktiewe verbeelding vlerke gee. Sy beskou haarself as ‘n goeie skrywer en glo dat sy eendag beroemd gaan wees – miskien is sy die volgende Irma Joubert!

Haar ondervinding by Pieter Cilliers Produksies gee haar wonderlike insig in die industrie en sy vind dit moeilik om die aantrekkingskrag van  televisie te weerstaan. Na sy haar B.Com.-graad behaal, hoop sy om ook die vervaardigingssy van die bedryf verder te ondersoek.

Johan van Jaarsveld
Na matriek het Johan die groot tree op die pad naJohan van Jaarsveld studentwees gegee – nog nie menswees nie, want ‘n student trap mos maar net ‘n spoor wat soos ‘n mens s’n lyk… Drie jaar lank het hy vir sy Nasionale Diploma in Bemarking aan die Technikon van die Vrystaat studeer. In sy finale jaar het hy ‘n onderskeiding in Kwantitatiewe Tegnieke (Statistiek) verwerf (met afwesigheid as hoofvak en hoogste punt).

Na Johan se studies het hy die wêreld van lewensversekering op die proef gestel. Maar toe word hy moeg vir bedel en lieg, verhuis na Pretoria en begin ‘n selfoonbesigheid. Daarna is hy London toe om meer oor dié morbiede lewenstyl en koue uit te vind. Terwyl hy daar was, het hy Digital Video Production by die Newham Sixth Form School studeer.

Na 2 jaar het Johan teruggekom en sy voete in die mediawêreld probeer vind. Hy het klein begin en so hier en daar as kamera-assistent opgetree, as klankman gewerk en gehelp met die maak van musiekvideo’s soos Theuns Jordaan se Soos Bloed en André Swiegers se Jammer om te hoor. Hy het ‘n holte vir sy voet by Pieter Cilliers Produksies as Handy Andy gekry, waar hy alles doen van kragproppe ruil tot kamerawerk doen.

Wim du Plessis

Wim du PlessisWim is in Vanderbijlpark gebore, het daar skool gegaan en groot geword. Na matriek het hy besluit om sy passie vir die kunste uit te leef deur stilfotografie te gaan studeer, maar na 'n wyle het hy op 'n punt gekom waar hy wou die foto's moet begin beweeg!

Hy het 'n graad in oudiovisuele kommunikasie by die Universiteit van Johannesburg behaal, en werk sedert die begin van 2008 voltyds by Pieter Cilliers Produksies as een van die produksiekameramanne.

Schalk Burger
Schalk Willem Burger is gebore en getoë op Upington – Schalk Burger‘n ware Boerseun. Hy studeer (probeer ten minste) in Bloemfontein: ND Koste- en Bestuursrekeningkunde vir drie jaar. Daarna het hy die groot stad aangedurf en in Johannesburg as ‘runner’ by Digital Video Facilities begin werk. Hier het hy homself tot redigeerder opgewerk, waarna hy besluit het om eers die land van die Pommies vir twee jaar te gaan verken.

So tussen die bier en plesier deur het hy ‘n Internasionale Redigeersertifikaat by ‘n Six Form School in Londen verwerf. In 2003 het hy by Pieter Cilliers Produksies as on-line redigeerder begin werk. Wat doen ‘n on-line redigeerder? Hy sorg dat al die prentjies op die kassie baie mooi lyk.

Savvas Ignatiou
Na 12 jaar van sorgelose pret, sport en akademie móés Savvas die skool verlaat! Hy het besluit om vrywillig by die SA-Lugmag aan te sluit (mos niks fout met so bietjie dissipline nie, of hoe?). Tussen die wagstaan, skiet en oefening deur het hy tyd vir sy eie mobiele disco, Savvas Ignatioutennis en 'n Elektroniese Ingenieurskursus gemaak.

Sy belangstelling in klank het hom na KOLOT gelei, 'n basis waar opleidingsvideo’s vir die weermag gemaak word. Daar was hy klankman, het kamerawerk leer doen en die wêreld vol getoer - onder andere na Rio en Kroasië. Na 4 jaar in die lugmag was dit tyd om die privaatsektor aan te durf. Hy het as klankingenieur gewerk en die finale meng van 'n groot verskeidenheid programme hanteer. Savvas is van 2002 af deel van die span by Pieter Cilliers Produksies. Al ooit gewonder wie sorg dat die musiek, byklanke en stemme in ons insetsels so mooi saamvloei? Hy’s die man met die fyn oor wat dit behartig.

 

 


Kwela joernaalprogram

Pieter Cilliers Produksies vervaardig die afgelope 11 jaar kykNET se vlagskipjoernaal, Kwêla.

Kwêla

Hierdie week op Kwêla
 

- DJ Ossewa groet ‘n geliefde lid
- Valiant en Ollie is wild en wakker
-
Casper de Vries gaan groot
- Gareth Cliff kom kuier in die ateljee
-
Antie Leggie se hart klop rugby
- Chané sing en dans verskeie medaljes los

- Kwêla se Amateur video-kompetisie skop die 15de September af!

Dorp van die jaar

Kwêla


Kwêla-uitsaaitye
kykNET, DSTV-kanaal 111
Regstreeks
Woensdag - 20:00
Heruitsendings
Do - 14:30, Vr - 10:30,
Sa - 02:30 & 18:00
So - 13:30 en Ma - 08:30


SMS-kompetisie
SMS’e na 33156 kos R1.50
SMS IDOLS na 33156
SMS WILD na 33156

Kompetisie-wenners

Kwêla

 

Kwela joernaalprogram

Lag'n slag... Kwêla Funnies
Die nuuste, Kwêla Funnies 3 DVD is nou landwyd in winkels beskikbaar.


Kontak besonderhede

Pieter Cilliers Produksies
posadresPosbus 1174
    Pinegowrie, 2123
teltel: 011 - 789 6780
faks faks: 011 - 789 6647
e-pos info@pcp.co.za
e-pos kwela@kyknet.co.za