Pieter Cilliers

 

SoekerPieter Cilliers se splinternuwe boek, Soeker, word deur Protea Boekhuis uitgegee en is nou beskikbaar. 'n Kas is vir klere, is in Soeker vervat.

Bestellings kan ook by www.graffitiboeke.co.za, www.exclus1ves.co.za of www.kalahari.net geplaas word. Gaan kyk gerus onder "Boeke" op ons Verkope-blad vir meer inligting oor Soeker.


Pieter Cilliers het in 1969 aan die Pieter CilliersRustenburgse Hoërskool gematrikuleer en daarna teologie by Tukkies gaan studeer.

Hy het in 1976 as predikant van die Hervormde Kerk gekwalifiseer nadat hy die grade B.A. (1972) en B.D. (cum laude - 1975) aan die Universiteit van Pretoria voltooi het. Hy was in die bediening tussen 1976 en 1981 en het in dié tyd ’n Kommunikasiekundegraad (met lof) deur UNISA voltooi.

In 1982 is hy as regisseur by die godsdiens-programme van die SAUK aangestel en in 1985 het hy die uitvoerende regisseur van die Afrikaanse tydskrifprogram Potpourri geword. 

M-Net het Cilliers in 1989 genader om die leisels van hulle vlagskip aktualiteitsprogram Carte Blanche oor te neem. Dié program met sy sterk ondersoekende inslag het televisiejoernalistiek in Suid-Afrika onomkeerbaar verander. Omstrede onderwerpe eie aan daardie tyd is week na week suksesvol aangepak.

In 1989 het Cilliers ook die rol van vervaardiger begin speel en sy eie produksiemaatskappy – Pieter Cilliers Produksies – in die lewe geroep.

In 1990 en 1992 het Pieter die VSA twee keer op uitnodiging van die United States Information Services besoek. Hy het tydens die besoeke onder meer kennis gemaak met mense soos Don Hewitt (die uitvoerende regisseur van die hoogaangeskrewe 60 Minutes), die televisiejoernalis Ted Koppel en Prof Zettl, die skrywer van die boek Sight, Sound and Motion.

<< terug na bo

 

  • Programme tot sy krediet
  • Boeke
  • Toekennings

Programme tot sy krediet

PotpourriPieter Cilliers
Carte Blanche
Premiére
Evita's Funigalore
Die reeks met Evita Bezuidenhout het onder meer programme met Nelson Mandela, Joe Slovo, Cyril Ramaphosa, Tokyo Sexwale, Jay Naidoo, Frene Ginwala, Patrick Lekota en Mac Maharaj ingesluit.
Die Groen Trust Omgewingstoekennings 
Improve your Frame of Mind
Die 1ste televisiereeks in Suid-Afrika met geestesgesondheid tema.
SigNature
‘n Joernaalprogram vir Dowes
Pasella
Kunskafee
Vir 5 jaar lank die enigste toegewyde kunsteprogram in die land.
Kwêla
Hierdie bekroonde joernaalprogram vermaak kykers reeds sedert 1999.

Boeke

Pieter Cilliers se opspraakwekkende outobiografie ʼn Kas is vir klere is baanbrekerswerk. Dit het wyd kommentaar uitgelok, die debat oor homoseksualiteit in die Afrikaanse kerke aan die gang gesit en vir baie mense die deur oopgemaak na ʼn eerliker bestaan.
     Die talle briewe wat Cilliers oor die jare ontvang het, het hom weer laat skryf. Die beplande bygewerkte heruitgawe van die oorspronklike boek het ʼn tweede boek geword. Met Soeker kry die leser dus nou ook ʼn dokumentering van verwikkelinge rakende gays – en ander gemarginaliseerdes – wat voortvloei uit kwessies wat in die briewe geopper word: Het Suid-Afrika se inklusiewe Grondwet byvoorbeeld in die breë samelewing beslag gekry? En waar staan die Afrikaanse kerke vandag teenoor homoseksuele?
     Cilliers – soos vele ander mense – is soekend, nie net na aanvaarding op grond van sy andersheid nie. Hy vra ook vrae oor tradisionele opvattings oor Christenskap en soek na antwoorde rakende spiritualiteit, geloof en godsdiens.


Pieter Cilliers se omstrede outobiografie ’n Kas is vir klere het in 1997 verskyn. Die vierde druk is uitverkoop, maar in die lig van die voortdurende aanvraag word 'n 5de druk beplan.

Toekennings

2008
Kwêla ontvang die ATKV Mediaveertjie vir die beste joernaal- en vermaaklikheidsprogram.

2007
Kwêla ontvang die ATKVeertjie vir die beste joernaal- en vermaaklikheidsprogram.

2005
Die dokumentêre program My Kind Is In Londen word deur die ATKV bekroon as beste dokumentêre program in Afrikaans.

Kunskafee
ontvang die Arts and Culture Trust-toekenning in die media kategorie.

2001
Cilliers word deur die Universiteit van Pretoria vereer met die Tuks Alumni Laureaat-toekenning.

1999
SigNature, die joernaalprogram vir dowes, ontvang twee Avanti toekennings.

1998

Die ATKV-televisieprys vir die joernaalprogram Pasella

1997
Die ATKV-televisieprys vir die dokumentêre program Van Die Borsrok Bevry

1991
‘n Star Tonight!-toekenning vir Carte Blanche as beste aktualiteitsprogram.

Die Rosholt Fellowship vir ondernemende joernalistiek (ook vir Carte Blanche). Deel van die prys was die Senior Managers Development Programme by Templeton College in Oxford, Engeland.

1990
‘n Star Tonight!-toekenning vir Carte Blanche as beste aktualiteitsprogram.

1987
‘n Star Tonight!-toekenning vir die beste joernaalprogram - Potpourri

1985
Die MASA- (Mediese Vereniging van SA) toekenning vir die beste mediese beriggewing.

‘n Artes-toekenning vir die dokumentêre program getiteld Sterwensbegeleiding.

 


kykNET

Pieter Cilliers Produksies vervaardig sedert 1998 kykNET se vlagskip-joernaalprogram, Kwêla - wenner van die ATKV Mediaveertjie vir Beste Afrikaanse Joernaal-program in 2007, 2008 en 2010.

Kwêla

Hierdie week op Kwêla
- Nuwe Bok-breier, Heyneke Meyer, kuier in die ateljee

- Kurt Darren toer met sy Platinumtreffers
- Ontmoet die musikale meester, Jaconell Mouton
- Loukmaan Adams vertel die stories van sy geboorteplek
- Niël Stemmet neem ons op ‘n (h)eerlike kosreis

- Drie avontuurlustiges vaar op ‘n unieke manier rondom Zanzibar

SMS-kompetisie
SMS’e na 33156 kos R1.50
SMS SOUT na 33156
SMS KURT na 33156
Lyne sluit Dinsdae 12:00
Volledige bepalings en voorwaardes op die SMS-kompetisie blad


Kwêla


Kwêla-uitsaaitye
kykNET, DSTV-kanaal 111
Regstreeks
Woensdag - 19:30
Heruitsendings
Do - 14:30; Vr - 10:00;
Sa - 00:00 en 18:00;
So - 13:00;
Ma - 08:30 en Di - 02:00


Kwela



Kontak besonderhede

Pieter Cilliers Produksies
posadresPosbus 1174
    Pinegowrie, 2123
teltel: 011 - 789 6780
faks faks: 011 - 789 6647
e-pos info@pcp.co.za
e-pos kwela@kyknet.co.za