Verkope
- Programme
- DVD's
- Publikasies
Programme
Al Kwêla se programme word te koop aangebied, so besoek gerus die argief om jou gunsteling program op te spoor.
Om die program dan aan te koop, kontak Bonolo Modisakwane
by: 011 686 6107 / bonolo.modisakwane@mnet.co.za
DVD's
Die DVD's is in meeste winkels beskikbaar, of kan by www.kalahari.net bestel word.
Lag 'n Slag Funnies
Die nuuste Kwêla Funnies 3 DVD is op die rak. Daar is nou altesaam vier Kwêla Funnies DVD's beskikbaar. Lag weer ‘n slag vir die humor-hoogtepunte van die eerste agt jaar se Kwêla Video-kompetisies!
Funnies 1
125 van die snaakste inskrywings van 2002 tot 2006.
Kaplakse – harde kennismakings met moeder aarde.
Dieremanewales - diere en hulle vreemde maniere.
Kinderkaskenades - kinders se onvoorspelbare doen- en sêgoed.
Spektakels - mense wat kraters van hulleself maak.
Mense- en dieremaniere - vreemde onderonsies tussen mens en diere.
Popsterre - voornemende sangers en hulle eiesoortige oudisies.
Funnies 2
138 video’s uit die 2007/2008-kompetisies.
Valle - mense wat neerslaan.
Onderonsies - tussen mens en dier.
Bekkig – kinder-sêgoed.
Dieremanewales - diere en hulle vreemde maniere.
Eskapades - mense wat hulle voet daarin sit.
Honde & katte - huisdiere se eienaardighede.
Kinderkaperjolle - kinders se nukke en grille.
Funnies 1 & 2
Meer as 360 video's wat tussen 2002 en 2008 uitgesaai is, word op een DVD vasgevang. Funnies 1 en 2 word gekombineer om die lagspiere behoorlik te prikkel.
Bekkige kinders, diere en hulle vreemde maniere, mense wat val, onderonsies tussen mens en dier en alles en nog wat.
Funnies 3
2009 was die grootste jaar nog in Kwêla se Amateur Video-kompetisie, met ‘n rekordgetal inskrywings en prysgeld van‘meer as ‘n miljoen rand. 100 snaakse video’s is gekies om sake teen mekaar uit te spook en hulle kan nou almal gesien word op Kwêla Funnies 3.
Soos dikwels het kinders en diere weer koning gekraai.
Feite en Geite
Kwêla se Algemene Afdeling van die jaarlikse amateur video-kompetisie kry net soveel aftrek as die snaakse video’s. Van die beste algemene video’s is gekies vir die Kwêla Feite en Geite DVD. Feite en Geite I en II (vreemder as fiksie) is nou beskikbaar.
Die DVD's bestaan uit vier afdelings:
Dramatiese Natuurtonele;
Raar Maar Waar
- daardie gebeure wat vreemder is as fiksie;
Nuusgebeure
- van vliegrampe tot vloede;
Algemene Natuurtonele
- daardie tonele wat ons land so ‘n gesogte toerisme bestemming maak.
Publikasies
'n Kas is vir Klere
Met die verskyning van die eerste uitgawe van ‘n Kas is vir klere in 1997 is dit as ‘n baanbrekerswerk beskou. Die sogenaamde “coming out story” as sub-genre in die gay letterkunde was reeds goed gevestig in Engels, maar in Afrikaans was daar bittermin wat as sodanig beskou kon word.
Dat Cilliers se boek grens- verskuiwend was – en ‘n hewige debat in die Afrikaanse kerke ontlok het - is ‘n gegewe. Wat verras het, was die gewildheid daarvan, in sowel gay as heteroseksuele geledere. ‘n Vloedgolf onverwagte onderskrywing en waardering vir sy eerlikheid om as een van Suid-Afrika se voorste TV-regisseurs vir die eerste keer te erken dat hy “anders” was – gay was – het vanuit uiteenlopende oorde gevolg.
Die gewildheid van ‘n Kas is vir klere kan grootliks toegeskryf word daaraan dat die skrynende gegewe oor Cilliers se desperate reis tot selfaanvaarding – toegelig met foto’s waar hy langs groot geeste verskyn, maar ook en veral by familie en vriende – die kollig gevestig het nie op sy “andersheid” nie, maar op ons gedeelde menslikheid.
Dis ‘n boek wat begrip gebring het, al lê daar vir menige gay persoon in Suid-Afrika (en die gesinne waarbinne hulle funksioneer) ‘n lang pad tot aanvaarding voor. Soos dr Willem de Klerk dit stel: “Elke mens moet sy eie vrede met God maak, ook oor seksualiteit”.
In ‘n resensie vir die tydskrif Insig skryf Johann de Lange tereg dat dit een ding is om “uit te kom” in die relatiewe veiligheid van fiksie, maar dat dit iets gans anders is om die soort boek te skryf wat Pieter Cilliers geskryf het. “Gans anders,” skryf hy, “ en veel dapperder”. Wat die boek o.a. vir De Lange en ander resensente interessant en boeiend gemaak het, was die feit dat dit geskryf is deur ‘n voormalige predikant. “Maar die skokkendste aspek van Cilliers se storie is nie die feit dat dit geskryf is deur ‘n eks-predikant nie, of sy verdoemende uitsprake teen die kerk nie, die skokkendste van Cilliers se storie is die ordinêrheid daarvan.”
Tog het resensente soos Cecile Cilliers – moontlik juis as gevolg van die “ordinêrheid” daarvan, die boek ervaar soos ‘n hou in die maag en dit aangeprys as ‘n outobiografie wat bsowel kerk as samelewing aanspreek. Belangriker was die invloed op die individu, die feit dat dit vir baie mense die deur oopgemaak het na ‘n eerliker, meer sinvolle bestaan.
Die vierde druk is bykans uitverkoop, maar in die lig van die voortdurende aanvraag word ‘n 5de druk beplan. Cilliers is met die oog daarop tans besig om die boek op datum te bring.
Navrae en bestellings
'n Kas is vir Klere is nou in sy vierde druk en kan landwyd by enige boekwinkel bestel word.
Vir verdere navrae of bestellings kontak:
Ria Engelbrecht by 011-789-6780 of
On the Dot by 086 166 8368
Jy kan ook per e-pos 'n bestelling plaas by orders@onthedot.co.za
ISBN: 0 620 30779 X
PRYS: R89.95

