Kwêla Amateur Video-kompetisie 2011
Baie geluk aan al 2011 se wenners in die 10de Kwêla en Echo 4x4 Amateur Video-kompetisie.
Ons sien uit na al die wonderlike inskrywings wat 2012 inhou. Hou ons webblad, Facebook- en Twitterblaaie dop vir die afskoptyd van 2012 se kompetisie.
- Kompetisiereëls (Bepalings en Voorwaardes) en Inskrywingsvorms
- Kategorieë
- Pryse
- Humor: Week 1
- Humor: Week 2
- Humor: Week 3
- Humor: Week 4
- Humor: Week 5
- Humor: Finaliste
- Humor: Wenners
- Algemeen: Week 1
- Algemeen: Week 2
- Algemeen: Week 3
- Algemeen: Week 4
- Algemeen: Finaliste
- Algemeen: Wenners
- Wenners Kykerkompetisie
- Video-Kompetisie 2009
- Video-Kompetisie 2010
Kompetisiereëls (Bepalings en Voorwaardes) 2011
Kompetisiefase
1. Gedurende die kompetisiefase kry kykers die geleentheid om vir hulle gunsteling video’s te stem deur die naam van ʼn sleutelwoord na 33157 te SMS. Dié nommer is ook toeganklik vir Namibiërs.
2. ʼn SMS kos R1.50.
3. Gedurende die kompetisiefase word slegs 30 SMS’e per unieke selfoonnommer toegelaat.
4. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook verreken word.
5. Die wenners van die videopryse word bepaal deur die kykers se stemme.
6. Kykers wat per SMS stem kom weekliks in aanmerking vir pryse.
7. Kykerspryse:
• ʼn Echo 5 veldkarakvaan ter waarde van nagenoeg R 125,000 geborg deur Echo 4x4. Dit sluit nie die yskas in nie. Die wenner moet self die Echo 5, by Corporate Park, net buite Pretoria, teen 31 Maart 2012, gaan afhaal.
• ʼn Vierdag invliegpakket vanaf Namibië na Suid-Afrika of omgekeerd afhangende van waar die wenners woon. Dit sluit alle etes, akkommodasie, voertuighuur en brandstof in. Die waarde is nagenoeg R 38,400 en dit word aangebied deur Live the Journey. Die prys kan opgeneem word tussen 1 Januarie 2011 en 30 November 2011 slegs volgens beskikbaarheid.
• Sniper flitse
8. Die wenners van die kykerspryse sal deur middel van ’n elektroniese prystrekking geïdentifiseer word en telefonies in kennis gestel word. Die wenners se name sal ook op Kwêla se webwerf gepubliseer word en in die program aangekondig word.
9. Indien ons nie in staat is om die wenner na drie telefoonoproepe binne ’n 24 uur periode te kontak nie, of die wenners nie in staat is om die pryse volgens punt 7 hierbo op te eis nie, sal die wenner die prys verbeur en behou ons die reg voor om ’n nuwe wenner te trek onder dieselfde voorwaardes.
10. ’n Onafhanklike maatskappy sal die resultate van die stemproses oorsien en verifieer.
11. Geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
12. Deelnemers neem op eie risiko deel en Kwêla, kykNET en M-Net asook die ander derdeparty verskaffers aanvaar geen aanspreeklik-heid vir enige verlies, beskadiging of skade wat direk of indirek met die deelname aan die kompetisie verband hou nie.
13. Indien wetgewing vereis dat die kompetisie gekanselleer word, is Kwêla, kykNET, M-Net en die ander derdeparty-verskaffers nie ver-antwoordelik vir die pryse of koste van SMS-inskrywings nie.
14. In gevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hulle persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse op te eis.
15. Wenners mag versoek word om hulle pryse op Kwêla in ontvangs te neem, maar hulle kan die versoek toestaan of afwys.
16. Werknemers van Kwêla, kykNET, M-Net en al die derdeparty-verskaffers betrokke by hierdie promosie sal nie vir die pryse in aanmerking kom nie.
17. Die pryse is nie oordraagbaar nie en nie vir kontant omruilbaar nie.
18. Deur vir die kompetisie in te skryf, erken deelnemers dat hulle al die bepalings & voorwaardes aanvaar.
19. Vir navrae kontak Betsie Pretorius by 011-789-6780 gedurende kantoorure.
20. Die bepalings en voorwaardes word gepubliseer op Kwêla en kykNET se webwerwe. Vir meer inligting besoek www.kwela.co.za en www.kyknet.co.za
21. Die volgende pryse is op die spel vir die wenvideo’s:
Die wenner in elke afdeling:
• 'n Echo Quattro padkaravaan ter waarde van nagenoeg
R 190,000 geborg deur Echo 4x4. Geen yskas word ingesluit nie.
• ʼn 15 dag begeleide toer vanaf Kaapstad na Namibië en terug vir twee persone waarvan nagenoeg 9 dae in Namibië en 6 dae in die Wes- en Noord-Kaap deurgebring sal word. Vlugkaartjies na en van Kaapstad vanaf die groot sentra word ingesluit. Die toer sluit ʼn 5 dag Faces of the Namib toer deur die Namib konsessie area in. Dit sluit ook 4x4 opleiding en voertuie, alle etes en akkommodasie, aktiwiteite in Swakopmund, reisversekering en brandstof in. Die waarde van die prys is nagenoeg R 195,800 en word aangebied deur Live the Journey. Die prys kan opgeneem word tussen 1 Januarie 2011 en 30 November 2011 slegs volgens beskikbaarheid.
Tweede pryse in elke afdeling:
• ʼn Echo 4 sleepwa ter waarde van nagenoeg R 110,000 geborg deur Echo 4x4. Geen yskas word ingesluit nie.
• ʼn Sewedag invliegpakket vanaf Namibië na Suid-Afrika of omgekeerd afhangende van waar die wenners woon. Dit sluit alle etes, akkommodasie, voertuighuur en brandstof in. Die waarde is nagenoeg R 51,300 en dit word aangebied deur Live the Journey. Die prys kan opgeneem word tussen 1 Januarie 2011 en 30 November 2011 slegs volgens beskikbaarheid.
Derde prys in elke afdeling:
• ʼn Echo 3 sleepwa ter waarde van nagenoeg R 110,000 geborg deur Echo 4x4. Geen yskas word ingesluit nie.
• ʼn Vierdag invliegpakket vanaf Namibië na Suid-Afrika of omgekeerd afhangende van waar die wenners woon. Dit sluit alle etes, akkommodasie, voertuighuur en brandstof in. Die waarde is nagenoeg R 38,400 en dit word aangebied deur Live the Journey. Die prys kan opgeneem word tussen 1 Januarie 2011 en 30 November 2011 slegs volgens beskikbaarheid.
Vierde prys in elke afdeling:
• ʼn National Tent and Sales koepeltent ter waarde van nagenoeg
R 6,500.
Vyfde prys in elke afdeling:
• ʼn National Tent and Sales koepeltent ter waarde van nagenoeg R 5,000.
22. Die wenners moet self die pryse wat deur Echo 4X4 geskenk word, insluitend die tente, by Corporate Park net buite Pretoria gaan afhaal. Geen Echo 4x4 pryse sal afgelewer word nie. Die pryse moet teen 31 Maart 2012 afgehaal word.
23. Live the Journey-wenners sal skriftelik in kennis gestel word van die besonderhede van die vakansiepryse.
24. Die na-produksie van video’s word volgens PCP se diskresie gedoen en die stemuitslag van die kompetisie is finaal. Daar sal geen briefwisseling daaroor gevoer word nie.
25. Deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming by hulle ouers of voog verkry voordat hulle kan inskryf.
26. M-Net behou homself die reg voor om geredigeerde insetsels van die videomateriaal op M-Net en op sy Afrikaanse kanaal kykNET uit te saai; asook die reg om hierdie materiaal eksklusief op enige wyse kommersieel te eksploiteer.
Inskrywingsfase
1. Daar kan in twee afdelings vir Kwêla se Amateur Video-Kompetisie ingeskryf word, naamlik die algemene afdeling en die humor afdeling.
2. Elke inskrywing moet van 'n inskrywingsvorm vergesel word. Die inskrywingsvorms is op ons webwerf by www.kwela.co.za beskikbaar. Dit is ook verkrygbaar by Pieter Cilliers Produksies (PCP) by telefoonnommer (011) 789-6780.
Laai die inskrywingsvorm hier af:
Die inskrywingsvorms (PDF, 80kb / Word.doc, 52kb)
Deur vir die kompetisie in te skryf, erken deelnemers dat hulle al die bepalings & voorwaardes aanvaar.
Laai die bepalings en voorwaardes hier af:
Bepalings en Voorwaardes 2011 (PDF, 121kb / Word.doc, 65kb)
3. In die algemene afdeling kan enigiets ingeskryf word - van reisjoernale, nuusgebeure, raar maar waar stories, natuurtonele, ens.
4. In die humor afdeling is ons op soek na video's wat 'n mens laat lag.
5. Materiaal kan in enige videoformaat ingeskryf word - bv. Digitaal, DVD of VHS. Inskrywings kan nie per e-pos ontvang word nie.
6. Dit maak nie saak wanneer die video-opname gemaak is nie.
7. 'n Maksimum van 3 inskrywings per deelnemer sal in die algemene afdeling toegelaat word en ʼn maksimum van 5 inskrywings in die humor-afdeling.
8. In die algemene afdeling moet daar nie meer as ʼn halfuur se video-materiaal ingestuur word nie. Dit kan ongeredigeer wees. Sou die inskrywing tot die finale rondte deurdring, mag PCP moontlik verdere materiaal aanvra.
9. Indien die deelnemer verkies om ‘n geredigeerde weergawe in te stuur, mag dit wel gedoen word- sonder musiek of kommentaar, maar wel met die natuurlike klank. Sou die inskrywing tot die televisierondte deurdring, sal die na-produksie (die redigering, teks en klankmeng) egter professioneel by PCP gedoen word.
10. In die humor-afdeling moet die videomateriaal wat ingestuur word nie meer as 20 minute wees nie. Soos in die algemene afdeling kan die videomateriaal geredigeer of ongeredigeer ingestuur word, maar sou die inskrywing die televisierondte haal, sal PCP die na-produksie hanteer.
11. Die videomateriaal moet saam met die inskrywingsvorm per voorkeurpos of geregistreerde posgestuur word aan:
Kwêla Amateur Videokompetisie 2011
Pieter Cilliers Produksies
Posbus 1174
Pinegowrie, 2123.
Dit kan ook per hand by die produksiekantoor afgelewer word by Kamer 242,Blairgowrie Plaza, Conradrylaan 70, Blairgowrie.
12. Die bande sal slegs terugbesorg word indien dit so op die inskrywingsvorm aangedui word, maar Pieter Cilliers Produksies (PCP) aanvaar geen verantwoordelikheid indien dit in die pos beskadig of verlore raak nie.
13. Elke inskrywing moet op 'n aparte inskrywingsvorm gedoen word.
14. 'n Beoordelaarspaneel sal die finaliste keur, waarna die kykers per SMS-stemproses die geleentheid gaan kry om die wenners in albei afdelings te kies. Die gehalte van die inskrywings sal die aantal finaliste bepaal.
15. Die inskrywings sal beoordeel word op grond van inhoud eerder as tegniese gehalte.
16. Persone wat nie in die televisiebedryf werksaam is nie, mag deelneem. Enige direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van die promotor en enigiemand wat die promotor beheer of deur die promotor beheer word, sowel as verskaffers van goedere of dienste wat verband hou met die kompetisie, mag nie deelneem nie.
17. Die sluitingsdatum is Vrydag, 22 Julie 2011.
18. Die finaliste sal later vanjaar bekendgemaak word en die publiek sal per SMS vir hulle gunstelinge kan stem.
Kategorieë
Humor afdeling
As dit jou laat lag, stuur dit in, want ons wil graag saamlag.
Algemene Afdeling
In die algemene afdeling kan jy alles en nog wat inskryf. Van algemene en dramatiese natuurtonele tot nuusgebeure en reisjoernale – solank dit net verbeelding aangryp.
Pryse 2011
Die grootste pryse in die bestaan van Kwela se Amateur Video-kompetisie is vanjaar op die spel - spesiaal vir die 10de jaar. Daar is meer as een en ‘n half miljoen rand se pryse op die spel wat deur ons hoofborg Echo 4x4 en die reis-agentskap Live the Journey verskaf word. Groot pryse kan ook deur die kykers wat deur SMS’e stem, gewen word.
Eerste prys (Humor en Algemeen):
• 'n Echo Quattro padkaravaan ter waarde van nagenoeg
R 190,000 geborg deur Echo 4x4. Geen yskas word ingesluit nie.
• ʼn 15 dag begeleide toer vanaf Kaapstad na Namibië en terug vir twee persone waarvan nagenoeg 9 dae in Namibië en 6 dae in die Wes- en Noord-Kaap deurgebring sal word. Vlugkaartjies na en van Kaapstad vanaf die groot sentra word ingesluit. Die toer sluit ʼn 5 dag Faces of the Namib toer deur die Namib konsessie area in. Dit sluit ook 4x4 opleiding en voertuie, alle etes en akkommodasie, aktiwiteite in Swakopmund, reisversekering en brandstof in. Die waarde van die prys is nagenoeg R 195,800 en word aangebied deur Live the Journey. Die prys kan opgeneem word tussen 1 Januarie 2011 en 30 November 2011 slegs volgens beskikbaarheid.
Tweede prys (Humor en Algemeen):
• ʼn Echo 4 sleepwa ter waarde van nagenoeg R 110,000 geborg deur Echo 4x4. Geen yskas word ingesluit nie.
• ʼn Sewedag invliegpakket vanaf Namibië na Suid-Afrika of omgekeerd afhangende van waar die wenners woon. Dit sluit alle etes, akkommodasie, voertuighuur en brandstof in. Die waarde is nagenoeg R 51,300 en dit word aangebied deur Live the Journey. Die prys kan opgeneem word tussen 1 Januarie 2011 en 30 November 2011 slegs volgens beskikbaarheid.
Derde prys (Humor en Algemeen):
• ʼn Echo 3 sleepwa ter waarde van nagenoeg R 110,000 geborg deur Echo 4x4. Geen yskas word ingesluit nie.
• ʼn Vierdag invliegpakket vanaf Namibië na Suid-Afrika of omgekeerd afhangende van waar die wenners woon. Dit sluit alle etes, akkommodasie, voertuighuur en brandstof in. Die waarde is nagenoeg R 38,400 en dit word aangebied deur Live the Journey. Die prys kan opgeneem word tussen 1 Januarie 2011 en 30 November 2011 slegs volgens beskikbaarheid.
Vierde prys (Humor en Algemeen):
• ʼn National Tent and Sales koepeltent ter waarde van nagenoeg
R 6,500.
Vyfde prys (Humor en Algemeen):
• ʼn National Tent and Sales koepeltent ter waarde van nagenoeg R 5,000.
Kykerspryse:
• ʼn Echo 5 veldkarakvaan ter waarde van nagenoeg R 125,000 geborg deur Echo 4x4. Geen yskas word ingesluit nie. Die prys moet self deur die wenner by Corporate Park net buite Pretoria afgehaal word.
• ʼn Vierdag invliegpakket vanaf Namibië na Suid-Afrika of omgekeerd afhangende van waar die wenners woon. Dit sluit alle etes, akkommodasie, voertuighuur en brandstof in. Die waarde is nagenoeg R 38,400 en dit word aangebied deur Live the Journey. Die prys kan opgeneem word tussen 1 Januarie 2011 en 30 November 2011 slegs volgens beskikbaarheid.
• Sniper flitse
Die wenners moet self die pryse wat deur Echo 4X4 geskenk word, insluitend die tente, by Corporate Park net buite Pretoria gaan afhaal. Geen Echo 4x4 pryse sal afgelewer word nie. Die pryse moet teen 31 Maart 2012 afgehaal word.
Live the Journey-wenners sal skriftelik in kennis gestel word van die besonderhede van die vakansiepryse.
Week 1 - Humor
Kliek hier om weer na week 1 se video te kyk
| 1. | DANS | Minette dans op "Sit dit af" |
| 2. | JEUK | Buffel krap homself |
| 3. | VAL | Foefieslide breek |
| 4. | VLOER | Tequila die Yorkie vreet sy kos van die vloer af |
| 5. | AALWYN | Vrou proe "heuning aalwyne" |
| 6. | MAATS | Rebekka die bok en Jackie die hond speel saam |
| 7. | WATER | Klein Logan speel met tuinslang en spuit homself nat |
| 8. | SIES | Melliniq is vies vir beesmis |
| 9. | KAT | Mia die kat speel met stok |
| 10. | MOEG | Micky, die papegaai stry teen die slaap |
| 11. | FOTO | Johan val oppad om groepsfoto te neem |
| 12. | TAXI | Nichelle ry taxi op die skilpad se rug |
| 13. | POT | Keira, die apie speel met pot se deksel in die kombuis |
| 14. | DUIK | Jesse die JAck Russell duik in die swembad |
| 15. | ROOM | Aurelia hou 'n "skoonheidsessie" met sussie se room |
| 16. | BABER | Worshond trek baber uit langs rivier |
| 17. | BLOUBUL | Leane is hartseer oor die Blou Bulle wat verloor het |
| 18. | SKRIK | Ulrich skrik vir "standbeeld" |
| 19. | STOEL | Ian sit die stoel mis en val |
| 20. | YSKAS | Klein Louwtjie ondersoek die yskas se inhoud |
Week 2 - Humor
Kliek hier om weer na week 2 se video's te kyk
| 1. | TINKIE | Tinkie die worshond jaag vir Piet op die dak rond |
| 2. | OEFEN | Klein Teagan vibreer op die oefenmasjien |
| 3. | MASKER | Hendrik en sy kollegas maak vir Louwtjie skrik met 'n masker |
| 4. | VROT | Lelanie sit hand by toe boetie Francois se doek omgeruil moes word |
| 5. | SPYKER | Spyker die vlakvark dink hy's 'n hond |
| 6. | WIND | Strandsambreel waai weg en neem amper een niggie saam |
| 7. | SING | Twee seuns sing "Visvang vir Jesus" op hul eie manier |
| 8. | RITME | Die kaketoe, Big Daddy dans ritmies op die hek |
| 9. | GLY | Gertjie gly en val langs 'n rivier |
| 10. | RUSIE | Senorita die hond en Mexico die kat baklei |
| 11. | DOM | Anja wil nie skool toe gaan nie |
| 12. | KLAPPER | Oom Koenie skrik nie vir oom Danie se klappers nie |
| 13. | EMMER | Daisy die koei steel melk uit 'n emmer |
| 14. | BRUID | Bruid sit stoel mis by tekening van register |
| 15. | KERSBOOM | Sammy die kat speel in die Kersfeesboom |
| 16. | LOOP | Leo die atleet loop en struikel in stap-item |
| 17. | SPIEEL | Katryn die Boston Terrier sien maatjie in spieël raak |
| 18. | KNAL | Franco wil houtgeweer laat knal |
| 19. | DISKUS | Kameraman word met diskus raakgegooi |
| 20. | MEERKAT | Sam die meerkat probeer TV kyk, maar raak aan die slaap |
| 21. | SKADUWEE | Klein Hennie word deur sy skaduwee bekruip |
Week 3 - Humor
Kliek hier om weer na week 3 se video te kyk
| 1. | LAG | Klein Zandré se vreemde laggie |
| 2. | SPRING | Bobbejaan spring trampolien op bakkie se seil |
| 3. | TROU | Bruid en strooimeisies arriveer op donkiekar |
| 4. | BALLON | Ballon bars onder klein Shardonnay se boudjies |
| 5. | OLIFANT | Olifante speel met sokkerbal |
| 6. | REKENAAR | Johan skrik vir spook op rekenaar |
| 7. | MA | Zigi-Zigi, die Yorkie neem eend-kuikens aan |
| 8. | KRAAN | Tuinslang spring van kraan af terwyl klein Anneke water drink |
| 9. | DEEL | Bubbles die worshond en Kandas die kokketiel deel 'n bak kos |
| 10. | DUIN | Franse toeris hardloop en val van 'n Namibiese duin af |
| 11. | ENGELS | Suane sing volksliedjies in "Engels" |
| 12. | WIEL | Leilo die Staffi speel met sy kosbak |
| 13. | TAFEL | Klein Madison val van koffietafel af |
| 14. | HAMSTER | Tumbles die hamster slaan bollemakiesie in sy hok |
| 15. | ROEI | Pieter val uit roeibootjie |
| 16. | GESELS | Klein Prieur gesels met sy oom en tannie op sy "selfoon" |
| 17. | IMPALA | Bokka die impala en Jakkals die Jack Russell speel |
| 18. | KERS | Klein Janno probeer 'n kers doodblaas |
| 19. | KOEDOE | Jackie skrik vir 'n koedoe toe sy vir 'n foto poseer |
| 20. | BOKS | Die persiese kat William Bradley probeer in boks klim |
| 21. | VISDAM | Klein Ethan val in visdammetjie |
| 22. | JIMMY | Jimmy die meerkat kyk TV |
Week 4 - Humor
Kliek hier om weer na week 4 se video te kyk
| 1. | SWAAI | Hendre val van die swaai af en die band tref hom |
| 2. | RUIT | Coco die Yorkie blaf vir die ruitveers |
| 3. | LOER | Klein Keagan loer vir ouma |
| 4. | DONKIE | Jakob die donkie maak self die deur oop |
| 5. | VISIER | Visier tref Marina teen die oog na skoot met jaggeweer |
| 6. | BAD | Krimpvarkies bad in die sand |
| 7. | SALF | Klein Iske besmeer haarself met boudsalf |
| 8. | PERD | Perd gooi bruidspaar af |
| 9. | WYS | Nicola wys vir haar ouma oor die foon hoe oud sy is |
| 10. | JAKKALS | Oom Deon skrik vir 'n jakkalsroep oor luidspreker |
| 11. | PAPIER | Blushy die parkiet snipper papier en sit dit in sy vere |
| 12. | APPELKOSE | Rohan is deurmekaar na narkose |
| 13. | KWAD | Markus en Ray val van 'n kwadfiets af |
| 14. | TOILET | Patches die kat gebruik die toilet |
| 15. | HANGMAT | Ouma Marietjie word uit hangmat gestamp |
| 16. | SOKKER | Sassy die poedel speel sokker |
| 17. | NABOOTS | Klein Anrich boots alles wat sy pa doen na |
| 18. | MOT | Christiaan is bang vir 'n mot |
| 19. | BROEK | Hondjie trek klein Quinton se broek af |
| 20. | RENOSTER | Stout renostertjie gee sy ouers grys hare |
Week 5 - Humor
Kliek hier om weer na week 5 se video te kyk
| 1. | BANG | Zack is bang vir eerste karwas-ondervinding |
| 2. | APIE | Apie vang allerlei streke aan |
| 3. | KONSERT | Chané-Mari val van bankie af tydens konsert |
| 4. | VRIESKAS | Renier maak Cobus vanuit vrieskas skrik |
| 5. | RUGBY | Kinders speel rugby teen honde |
| 6. | LAF | Pa val van dogtertjie se strand-emmer af |
| 7. | SKATER | Klein Aldrich kan nie ophou lag nie |
| 8. | KLIP | Olifantjie gooi toergroep se voertuig met 'n klip |
| 9. | DUIF | Duif wil nie vir Jack Russell uitlos nie |
| 10. | POP | Klein Sonica soek geskenke in Kerskatalogus |
| 11. | MUSIEK | Cheeky die hondjie sing saam met klassieke musiek |
| 12. | DAM | Trougaste beland in dam |
| 13. | GAT | Vlakvarke grawe 'n gat onder 'n motor vir skuiling |
| 14. | HUMEUR | Klein Kyla verloor haar humeur met speelgoed |
| 15. | VAL | Robert val van stellasie af |
| 16. | GOLF | Golf slaan kinders om op strand |
| 17. | HAAN | Haan dink 'n kat is 'n hen |
| 18. | VLAM | 'n Kind se hare vat vlam by 'n konsert |
| 19. | BELLA | Bella die labrador en kind speel |
| 20. | SLANG | Johan skrik vir slang in Sonop manskoshuis |
| 21. | MUUR | Klein Mat val van muur af terwyl hy vir sy ma sing |
| 22. | KRAP | Renoster krap homself teen stomp |
| 23. | HARE | Rickus en Henré hou hulle lyf haarkapper met pa se knipper |
Finaliste 2011 - Humor
Kliek hier om weer na die finaliste te kyk.
Hier is die finaliste in alfabetiese volgorde:
| WEEK 1 | ||
| 1. | FOTO | Johan val oppad om groepsfoto te neem |
| 2. | SIES | Melliniq is vies vir beesmis |
| 3. | YSKAS | Klein Louwtjie ondersoek die yskas se inhoud |
| WEEK 2 | ||
| 1. | MASKER | Louwtjie skrik vir sy kollega met 'n masker op |
| 2. | SKADUWEE | Klein Hennie word deur sy skaduwee bekruip |
| 3. | VROT | Lelanie help om boetie Francois se doek om te ruil |
| WEEK 3 | ||
| 1. | GESELS | Prieur gesels met sy oom en tannie op sy "selfoon" |
| 2. | ENGELS | Suane sing volksliedjies in "Engels" |
| 3. | JIMMY | Jimmy die meerkat kyk TV |
| 4. | MA | Zigi-Zigi, die Yorkie neem eend-kuikens aan |
| WEEK 4 | ||
| 1. | APPELKOSE | Rohan is deurmekaar na narkose |
| 2. | NABOOTS | Klein Anrich boots alles wat sy pa doen na |
| 3. | RENOSTER | Stout renostertjie gee sy ouers grys hare |
| WEEK 5 | ||
| 1. | HARE | Rickus en Henré hou hulle lyf haarkapper met pa se knipper |
| 2. | KLIP | Olifantjie gooi toergroep se voertuig met 'n klip |
| 3. | VRIESKAS | Renier maak Cobus vanuit vrieskas skrik |
| BEOORDELAARSKEUSES | ||
| 1. | DONKIE | Jakob die donkie maak self die deur oop |
| 2. | OLIFANT | Olifante speel met sokkerbal |
| 3. | PERD | Perd gooi bruidspaar af |
| 4. | TOILET | Patches die kat gebruik die toilet |
Wenners 2011 - Humor
| TOP 20 - 2011 | ||
| 1. | SIES | Melliniq is vies vir beesmis |
| 2. | VROT | Lelanie help om boetie Francois se doek om te ruil |
| 3. | GESELS | Prieur gesels met sy oom en tannie op sy "selfoon" |
| 4. | FOTO | Johan val oppad om groepsfoto te neem |
| 5. | MASKER | Louwtjie skrik vir sy kollega met 'n masker op |
| 6. | APPELKOSE | Rohan is deurmekaar na narkose |
| 7. | ENGELS | Suane sing volksliedjies in "Engels" |
| 8. | KLIP | Olifantjie gooi toergroep se voertuig met 'n klip |
| 9. | RENOSTER | Stout renostertjie gee sy ouers grys hare |
| 10. | VRIESKAS | Renier maak Cobus vanuit vrieskas skrik |
| 11. | YSKAS | Klein Louwtjie ondersoek die yskas se inhoud |
| 12. | NABOOTS | Klein Anrich boots alles wat sy pa doen na |
| 13. | SKADUWEE | Klein Hennie word deur sy skaduwee bekruip |
| 14. | HARE | Rickus en Henré hou hulle lyf haarkapper |
| 15. | MA | Zigi-Zigi, die Yorkie neem eend-kuikens aan |
| 16. | JIMMY | Jimmy die meerkat kyk TV |
| 17. | TOILET | Patches die kat gebruik die toilet |
| 18. | PERD | Perd gooi bruidspaar af |
| 19. | OLIFANT | Olifante speel met sokkerbal |
| 20. | DONKIE | Jakob die donkie maak self die deur oop |
Week 1 - Algemeen
Kliek hier om weer na week 1 se video's te kyk.
| 1. | LEEUS | Leeus swem saam met mense |
| 2. | IMPALA | Impala kruip vir wildehonde weg in water |
| 3. | PADDA | Hamerkop vang padda |
| 4. | VLOED | Vloed in Postmasburg in die Noord-Kaap |
| 5. | KOBRA | Kobra vang padda |
| 6. | EIER | Likkewaan neem eier uit man se hand |
| 7. | BLOMME | Die lenteblomme aan die Weskus |
| 8. | BAKLEI | Bosbokramme baklei in woonbuurt |
| 9. | SWEM | Vlakvarke swem deur dam |
| 10. | KAT | Kat vang koggelmander |
| 11. | VIS | Bontvisvanger vang vis |
| 12. | LUIPERD | Rooibok gee geboorte en luiperd vang bokkie |
Week 2 - Algemeen

Kyk weer hier na week 2 se video’s.
| 1. | VEG | Springbokramme veg teen mekaar |
| 2. | EEND | Springbokramme veg teen mekaar |
| 3. | HAAI | Mans vang haaie wat vasgekeer is in ʼn getypoel |
| 4. | TARENTAAL | Luislang vang ‘n tarentaal |
| 5. | BUFFEL | Trop leeus val ʼn buffel aan |
| 6. | MUISHOND | Gebande muishonde vreet eiers |
| 7. | BRAND | Stoor brand af |
| 8. | BOOM | Olifant stoot ʼn boom om |
| 9. | RATEL | ʼn Leeu takel ʼn ratel |
| 10. | SEEKOEI | Seekoei swem saam met man |
| 11. | DASSIE | Dassies vreet plante langs kus |
| 12. | WELPIES | Leeuwyfie stap in die pad af met haar kroos |
Week 3 - Algemeen

Kyk weer hier na week 3 se video's
| 1. | KRAAN | Olifant breek kraan af en drink water |
| 2. | WALVIS | Haaie vreet walvishaai |
| 3. | VANGS | Leeu bekruip en vang blouwildebees |
| 4. | REEN | Watermassa wat afkom na ʼn groot reëns in die Nauklüftberge in Namibië |
| 5. | MODDER | Vlakvarkfamilie bad in modder |
| 6. | LIKKEWAAN | Likkewaan vang en vreet slang |
| 7. | DUIK | ʼn Slanghalsvoël vang ʼn vis |
| 8. | TANDE | Twee seekoeie baklei |
| 9. | GOLF | ʼn Golf slaan hengelaars van ʼn rots af |
| 10. | PRONK | Springbokke spring en pronk voor motor in pad |
| 11. | KROKODIL | Krokodil vang ʼn groenrugreier |
| 12. | VOER | Paradysvlieëvangers voer hulle kleintjies |
| 13. | AANVAL | ʼn Luiperd baklei met ʼn jagluiperd |
Week 4 - Algemeen

Kliek hier om weer na week 4 se video's te kyk.
| 1. | GEMSBOK | Gemsbok val op grond rond wanneer hy musiek hoor |
| 2. | NES | Vink probeer olyfsweepslang van sy nes af verwilder |
| 3. | SODWANA | Die onderwater-wêreld by Sodwana |
| 4. | VYANDE | Buffels en leeus se onderonsie |
| 5. | BALLON | 'n Lugballon vaart oor die Serengeti |
| 6. | KOU | 'n Hotnotsgot vreet 'n rooibytjie |
| 7. | RIVIER | Mense sit vas in ’n rivier wat afkom |
| 8. | KARKAS | Hiënas en leeus takel mekaar oor ’n karkas |
| 9. | STAMP | Twee buffels stamp kop |
| 10. | HENGEL | Man vang vis en ‘n haai kom raap vangs weg |
| 11. | RED | ’n Olifantjie val in modder vas en sy ma red hom |
Finaliste 2011- Algemeen

Kyk hier weer na al die finaliste
| 1. | IMPALA | Impala kruip vir wildehonde weg in water |
| 2. | SWEM | Vlakvarke swem deur dam |
| 3. | LUIPERD | Rooibok gee geboorte en luiperd vang bokkie |
| 4. | BUFFEL | Trop leeus val ʼn buffel aan |
| 5. | WELPIES | Leeuwyfie stap in die pad af met haar kroos |
| 6. | RATEL | ʼn Leeu takel ʼn ratel |
| 7. | VANGS | Leeu bekruip en vang blouwildebees |
| 8. | REEN | Watermassa wat afkom na groot reëns in Namibië-berge |
| 9. | AANVAL | ʼn Luiperd baklei met ʼn jagluiperd |
| 10. | RED | ʼn Olifant red haar kalfie uit modder uit |
| 11. | NES | ʼn Slang word deur ʼn vink van haar nes af gejaag |
| 12. | VYANDE | ʼn Onderonsie tussen buffels en leeus |
Finaliste 2011- Wenners

Kyk hier weer na al die finaliste
| 1. | RED | ʼn Olifant red haar kalfie uit modder uit |
| 2. | LUIPERD | Rooibok gee geboorte en luiperd vang bokkie |
| 3. | REEN | Watermassa wat afkom na groot reëns in Namibië-berge |
| 4. | AANVAL | ʼn Luiperd baklei met ʼn jagluiperd |
| 5. | NES | ʼn Slang word deur ʼn vink van haar nes af gejaag |
| 6. | SWEM | Vlakvarke swem deur dam |
| 7. | IMPALA | Impala kruip vir wildehonde weg in water |
| 8. | RATEL | ʼn Leeu takel ʼn ratel |
| 9. | WELPIES | Leeuwyfie stap in die pad af met haar kroos |
| 10. | VANGS | Leeu bekruip en vang blouwildebees |
| 11. | VYANDE | ʼn Onderonsie tussen buffels en leeus |
| 12. | BUFFEL | Trop leeus val ʼn buffel aan |
Wenners Kykerkompetisie 2011
Jy kan ook 'n gelukkige wenner wees deur vir jou gunsteling video te stem op 33157. Elke SMS kos R1.50.
14 September 2011
Anneline Slippers van Windhoek Namibië
Aritha Matthews van Klein-Brakrivier
Melissa Nagel van Doornpoort
21 September 2011
Rosa van Niekerk van Umtentweni
Mariandl Pelser van Centurion
Anine Eybers van Karenpark, Pretoria
28 September 2011
Sophie Nkosi van Benoni (Live the Journey)
Leonie Brits van Bloemfontein
Denise Tromp van Windhoek
5 Oktober 2011
Alexander Beukes van Springbok
André Leff van Swakopmund
Alta Pretorius van Pretoria
12 Oktober 2011
JJ Burns van Germiston
Christa Human van Mokopane
Brenda van Wyk van Kempton Park
19 Oktober 2011
Marelyn van Zyl van Pionierspark Windhoek
Janita Kruger van Moreletapark, Pretoria
Elsabé Fourie van Vanderbijlpark (Live the Journey)
2 November 2011
Martie Badenhorst van Kempton Park
Marisa Peters van Garsfontein
Quineil Piek van Witbank (Echo 5)
9 November 2011
Estelle Grobler van Randburg
Alta van Eeden van Merweville
Hans Verhoef van Onverwacht
16 November 2011
Izel Janse van Rensburg van Brits
Abrie Liebenberg van Bronkhorstspruit
Elaine Verster van Somerset-Wes
23 November 2011
Jolene Aylward van Port Elizabeth
Martie de Villiers van Gobabis
Dries Schmahl van Richardsbaai
Kykerspryse:
- Sniper flitse van Echo 4x4
Die wenners kom ook in aanmerking vir die volgende groot pryse:
- ʼn Echo 5 veldkarakvaan ter waarde van nagenoeg R 125,000 geborg deur Echo 4x4. Geen yskas word ingesluit nie. Die prys moet self deur die wenner by Corporate Park net buite Pretoria afgehaal word.
- ʼn Vierdag invliegpakket vir 2 vanaf Namibië na Suid-Afrika of omgekeerd afhangende van waar die wenners woon. Dit sluit alle etes, akkommodasie, voertuighuur en brandstof in. Die waarde is nagenoeg R 38,400 en dit word aangebied deur Live the Journey. Die prys kan opgeneem word tussen 1 Januarie 2012 en 30 November 2012 slegs volgens beskikbaarheid.
Pryse is nie-oordraagbaar en kan nie vir geld omgeruil word nie.
Video-Kompetisie 2009
Gaan loer hier vir al die besonderhede oor 2009 se kompetisie.
Video-Kompetisie 2010
Gaan loer hier vir al die besonderhede oor 2010 se kompetisie.



