Kwêla Amateur Video-kompetisie 2010
Kwêla se Amateur Video-kompetisie was in 2010 vir die negende keer aangebied en was weereens geborg deur ons gereelde vennoot Echo 4x4 asook deur die reisagentskap Live the Journey.
Video’s kon soos altyd in twee afdelings ingeskryf word - Humor en Algemeen. Daar was in 2010 bykans 1.2 miljoen rand se pryse op die spel – die grootste prysgeld ooit.
Kliek hier om weer na jou gunsteling inskrywings te kyk.
- Kompetisiereëls en Inskrywingsvorms
- Kategorieë
- Pryse
- Humor: Week 1
- Humor: Week 2
- Humor: Week 3
- Humor: Week 4
- Humor: Week 5
- Humor: Finaliste
- Humor: Wenners
- Algemeen: Week 1
- Algemeen: Week 2
- Algemeen: Finaliste
- Algemeen: Wenners
- Wenners Kykerkompetisie
Kompetisiereëls
Kwêla/Echo 4X4 Amateur Videokompetisie 2010
1. Enige persoon wat nie in die televisiebedryf werksaam is nie, kan deelneem.
2. Elke inskrywing moet van ‘n inskrywingsvorm vergesel word. Die inskrywingsvorms (pdf, 49kb / word.doc, 43kb) is op ons webwerf beskikbaar. Dit is ook verkrygbaar by Pieter Cilliers Produksies (PCP) by telefoonnommer (011) 789-6780.
3. Materiaal kan in enige videoformaat ingeskryf word - bv. Digitaal, DVD of VHS.
4. Dit maak nie saak wanneer die video-opname gemaak is nie.
5. ‘n Maksimum van 3 inskrywings per deelnemer sal in die algemene afdeling
toegelaat word en ‘n maksimum van 5 inskrywings in die humor-afdeling.
6. In die algemene afdeling moet daar verkieslik nie meer as ‘n halfuur se
videomateriaal ingestuur word nie. Dit kan ongeredigeer wees. Sou die
inskrywing tot die finale rondte deurdring, mag PCP moontlik verdere materiaal aanvra.
7. Indien die deelnemer verkies om ‘n geredigeerde weergawe in te stuur, mag dit wel gedoen word- sonder musiek of kommentaar, maar wel met die natuurlike klank. Sou die inskrywing tot die finale rondte deurdring, sal die
na-produksie egter professioneel by PCP gedoen word.
8. In die humor-afdeling moet die videomateriaal wat ingestuur word
verkieslik nie meer as 20 minute wees nie. Soos in die algemene afdeling kan die videomateriaal geredigeer of ongeredigeer ingestuur word, maar sou die inskrywing die finale rondte haal, sal PCP die na-produksie hanteer.
9. Die videomateriaal moet saam met die inskrywingsvorm verkieslik per
voorkeurpos of geregistreerde pos gestuur word aan:
Kwêla Amateur Videokompetisie 2010
Pieter Cilliers Produksies
Posbus 1174
Pinegowrie, 2123.
Dit kan ook per hand by die produksiekantoor afgelewer word by kamer 242,
Blairgowrie Plaza, Conradrylaan 70, Blairgowrie. Die bande sal slegs terugbesorg word indien dit so op die inskrywingsvorm aangedui word, maar Pieter Cilliers Produksies (PCP) aanvaar geen verantwoordelikheid indien dit in die pos beskadig of verlore raak nie.
10. Elke inskrywing moet op ‘n aparte inskrywingsvorm gedoen word.
11. ‘n Beoordelaarspaneel sal die finaliste keur, waarna die kykers die
geleentheid gaan kry om die wenners in albei afdelings te kies. Die gehalte van die inskrywings sal die aantal finaliste bepaal.
12. Die inskrywings sal beoordeel word op grond van inhoud eerder as tegniese
gehalte.
13. Die sluitingsdatum is 20 Julie 2010. Die finaliste sal later vanjaar
bekendgemaak word en die publiek sal per SMS of op die kykNET webwerf vir hulle gunstelinge kan stem.
14. Wenners moet self die pryse wat deur Echo 4X4 geskenk word, by Corporate Park net buite Pretoria gaan afhaal. Hulle moet ook bereid wees om media-onderhoude toe te staan.
15. Die na-produksie van video’s word volgens PCP se diskresie gedoen en die stemuitslag van die kompetisie is finaal. Daar sal geen briefwisseling daaroor gevoer word nie.
16. M-Net behou homself die reg voor om geredigeerde insetsels van die
videomateriaal op M-Net en op sy Afrikaanse kanaal kykNET uit te saai; asook die reg om hierdie materiaal op enige wyse kommersieel te eksploiteer.
Kategorieë
Humor afdeling
As dit jou laat lag, stuur dit in, want ons wil graag saamlag.
Algemene Afdeling
In die algemene afdeling kan jy alles en nog wat inskryf. Van algemene en dramatiese natuurtonele tot nuusgebeure en reisjoernale – solank dit net verbeelding aangryp.
Pryse 2010
Die pryse vir altwee afdelings is dieselfde. Die Echo 4x4 produkte is unieke Kwêla uitgawes.
Eerste prys

Die prins van veldkarvane - Echo 4x4 se Kavango ter waarde van R 200 000.
ʼn Begeleide Namibtoer vir twee persone ter waarde van R 78,000, aangebied deur Live the Journey in samewerking met die Namibiese konsessiehouers. Dié eksklusiewe wegbreek skop by die Klipbokkop Goodyear Academy buite Worcester af en sluit die gebruik van ʼn 4x4 voertuig plus opleidingskursus van Toyota in.
Die totale pryswaarde vir die wenvideo’s is R278 000 elk !

Tweede prys
‘n Echo 4-kampeersleepwa ter waarde van R105 000.

Derde prys
‘n Echo 3-kampeersleepwa ter waarde van R90 000.
Kykerspryse
Vanjaar se groot kykersprys is Echo 4x4 se splinternuwe luukse veldkaravaan wat later vanjaar bekendgestel word. Tydens die duur van die kompetisie sal drie kykers elke week ʼn meneer van ʼn flits ter waarde van R 800 elk ontvang.
Week 1 - Humor
| 1. | DAISY | Kat sien haarself in spieël |
| 2. | KOUD | Hond loop op voorpote op koue gras |
| 3. | SKADUWEE | Baba ontdek sy skaduwee teen die muur |
| 4. | OORBOORD | Vrou word uit boot gestamp met river rafting |
| 5. | PANJO | Panjo die tier speel met ʼn sproeier |
| 6. | SOET | Kinders bid, maar wil nie soet wees nie |
| 7. | HEK | Hond maak hek met bek oop |
| 8. | VLOERMOER | Dogtertjie gooi ʼn vloermoer van woede |
| 9. | VAL | Man lag vir vriend wat van motorfiets afval |
| 10. | MEERKAT | Meerkat knip ʼn uiltjie voor ʼn verwarmer |
| 11. | DUIK | Jors die worshond duik bal uit swembad uit |
| 12. | BLAAS | Seuntjie blaas Zuan se kersies dood |
| 13. | SKOK | Man kry ʼn skok teen elektriese heining |
| 14. | GIMNAS | Kind balanseer op een been op pa se hand |
| 15. | KRAP | Jack Russell grawe krappe uit op strand |
| 16. | ONTKLEE | Dogtertjie trek haar klere uit by ʼn konsert |
| 17. | DANS | Verkleurmannetjie loop oor pad |
| 18. | KIELIE | Ouma lag wanneer sy pedikuur kry |
| 19. | APIE | Apie speel deuntjies op ʼn sleutelbord |
| 20. | FIETSRY | Sussie raak moeilik wanneer sy leer fietsry |
| 21. | HAAN | Hond en haan speel met mekaar |
| 22. | ROL | Man wat duine ry val en rol |
| 23. | SKRIK | Kind skrik vir pa wat uit water uitkom |
| 24. | RITME | Jong seun wys sy ritme met ʼn dans |
| 25. | KANO | Twee vroue in ʼn kano begin sink |
| 26. | KOEDOE | Koedoe en kind skrik vir mekaar |
| 27. | YSTERVARK | Ystervark maak geluide soos ʼn motorfiets |
| 28. | RED | Man sit hond agterna wat in rivier afdryf |
Week 2 - Humor
| 1. | GRIETA | Papegaai sing veels geluk liewe maatjie |
| 2. | KAAL | Kind ry kaal op vierwielmotorfiets |
| 3. | SKOEN | Hond en leeu baklei oor ʼn skoen |
| 4. | TOU | Man se voet haak aan tou van swaai vas |
| 5. | DEUR | Kat maak self kombuisdeur oop |
| 6. | STEWELS | Seuntjie loop met ma se stewels rond |
| 7. | VET | Hond sit in hek vas |
| 8. | BEL | Kind is kwaad vir ma en maak of sy pa bel |
| 9. | LIKKEWAAN | Daar word geskrik vir ʼn likkewaan |
| 10. | BOTS | Kind hardloop in onderwyser vas |
| 11. | SLOT | Papegaai bevry homself uit hok |
| 12. | VINGER | Dogtertjie byt haar vinger raak terwyl sy eet |
| 13. | OOR | Hond help ander hond uit swembad uit |
| 14. | BID | Kinders bid – een herinner ander aan alles |
| 15. | WANGE | Seuntjie doen tandem sprong en wind waai wange |
| 16. | VLERMUIS | Vrou skrik vir vlermuis |
| 17. | VERVEELD | Kind vind nie pa se grappe snaaks nie |
| 18. | LEEUS | Grompie en queenie die leeus maak amok |
| 19. | KOT | Kind probeer in kot klim, maar dis te hoog |
| 20. | WA | Man en vrou op waentjie |
| 21. | PLUTO | Worshond met rubber ring |
| 22. | MODDER | Dogtertjie wil nie in modder loop nie |
| 23. | VOLSTRUIS | Volstruis skop kind |
| 24. | KLIP | Landrover ry oor klip en iemand val af |
| 25. | POTSPEL | Jack Russell speel snoeker |
| 26. | TUINSLANG | Kind en hond veg vir tuinslang |
| 27. | GHOLF | Man slaan poetsbal met gholf |
| 28. | SOKKER | Koedoe speel met bal |
Week 3 - Humor
| 1. | BOKS | Morfeus die hond meubileer sy hok |
| 2. | TAIWAN | Taiwanese Yang sing "Dis julle wat die wind laat waai" |
| 3. | KARNUFFEL | Kat en hoender speel |
| 4. | ONTPLOF | Chaos met restorasie van 'n Super Snipe |
| 5. | KUIKEN | Kuiken kamp uit onder verwarmer |
| 6. | HUIL | Kind hou nie van Hannah Montana liedjie nie |
| 7. | STOMPIE | Stompie, die Jack Russel probeer 'n vienna nader trek |
| 8. | HORING | Kudu stamp klein SJ met sy horing |
| 9. | VUUR | Renier se strooihoed en hare brand |
| 10. | GOGGA | Anita probeer die "lady bird" op die boek doodslaan |
| 11. | NIKA | Nika die hond en Soli speel met 'n groot tennis bal |
| 12. | LOER | Pappa Johan en Arno slaap en kyk vir mekaar |
| 13. | RALLY | Vier dames in die modder by die 4x4 Vasbyt Pretdag |
| 14. | BEEN | Kind en hond baklei oor skaapboud been |
| 15. | BAD | Hond hou nie van bad nie |
| 16. | DUT | Kind raak aan die slaap agter op 'n bakkie |
| 17. | WIND | Hardlywige wit renoster in die Kruger wildtuin |
| 18. | HARTSEER | Kinders huil oor ’n perd wat op ’n kinderprent dood is |
| 19. | SPEEL | Hond en meerkat speel op leiklipvloer |
| 20. | RAK | Ju-Lee klim op wasgoerak en val om |
| 21. | SINK | Johan en Johnnie in die bootjie op die plaasdam |
| 22. | AMEN | Hendrik bid en sing voor ete met gepaste handgebare |
| 23. | LASER | Tyson die hond jaag die laser |
| 24. | ROB | Rob klim in boot met toeriste |
| 25. | EINA | Klein Jack Russel byt Francois tussen bene |
| 26. | KROKODIL | Vrou wil bewys sy is nie bang vir reptiele nie |
| 27. | HAAS | Nicole leer Yoka, die hasie om glyplank te ry |
| 28. | WENS | Corne val in Trevi fontein en boeties lag |
Week 4 - Humor
| 1. | SKATER | Pa trek kous oor hond se kop en kind lag |
| 2. | JAS | Hond wil nie sy jassie dra nie en trek dit self uit |
| 3. | GLY | Man sukkel om in glybaan te gly |
| 4. | VARK | Vark hardloop agter perd aan |
| 5. | KAMERA | Kind kry kamera persent |
| 6. | WAAGHALS | Hond loop oor balk oor swembad en klim leer |
| 7. | SKOP | Geweer skop seun wat vir die eerste keer skiet |
| 8. | PLAN | Mans probeer met stok ʼn fiets laat loop |
| 9. | TOILET | Kat trek toilet |
| 10. | SKILPAD | Kind skrik vir skilpad |
| 11. | MOLLIE | Mollie die papegaai sing |
| 12. | GESIGTE | Mans se gesigte lyk vreemd deur webkamera-lens |
| 13. | BILTONG | Pelsie die hond is kieskeurig as dit by biltong kom |
| 14. | BALLON | Dogtertjie probeer ballon opblaas |
| 15. | SPOOK | Seun skrik vir spook op rekenaar |
| 16. | TJANK | Honde tjank terwyl kind bekfluitjie speel |
| 17. | VOLT | Vrou kry elektriese skok met kamera teen heining |
| 18. | SWAAI | Kind op swaai met vlakvark |
| 19. | MUUR | Hond klim oor muur |
| 20. | ONDERTOE | Seuntjie bid dat die Sharks ondertoe moet gaan |
| 21. | HIERT | Man maak vriend bang met likkewaan |
| 22. | TIER | Panjo die tier speel met die Jack Russels |
| 23. | VIS | Kind skrik vir vis in boot |
| 24. | SLINGER | Dronk man probeer kroeg verlaat |
| 25. | MOEG | Kind raak op vloer aan die slaap |
| 26. | SPRINGBOK | Bok spring agter motorfiets aan |
| 27. | GANSE | Dogtertjie skrik vir ganse |
| 28. | SKUD | Seuntjie dans kaalbas terwyl hy kar was |
Week 5 - Humor
| 1. | SURF | Stompie die hond spring op branderplank |
| 2. | GRAS | Kind boots randsnyer na |
| 3. | REKTOU | Vrou spring met rektou op trampolien |
| 4. | KONYN | Konyn krap in grond rond |
| 5. | VERJAAR | Tweeling eet hulle eerste verjaarsdagkoek |
| 6. | SLAAP | Worshond klim onder duvet in |
| 7. | PAP | Dogtertjie eet maatjie se pap |
| 8. | PERD | Perd gesels in sy stal |
| 9. | STAMP | Sussie stamp boetie uit kot |
| 10. | KNYPER | Krap gryp Jack Russel aan bek |
| 11. | KARATE | Ma skop seun per ongeluk raak |
| 12. | SOLO | "Telly tubby" sing die ander dood in Kerskonsert |
| 13. | TEE | Apie kom steel 'n bietjie tee |
| 14. | ARIA | Meisie sing “Daars ʼn wind wat waai” in opera styl |
| 15. | BOTTEL | Katjie wil nie hê bottel moet weggevat word nie |
| 16. | KOERANT | Kind speel met koerant |
| 17. | BALANS | Yorkie loop oor ysterhek se sporte |
| 18. | STORT | Mans sing in stort en word betrap |
| 19. | LAG | Dogtertjie lag vir haar ma en val om in kot |
| 20. | WASGOED | Olifant haal t-hemp van wasgoeddraad af |
| 21. | OPERA | Kind huil wanneer pa opera sing |
| 22. | KONSERT | Seuntjie neem oor by skoolkonsert |
| 23. | SPRINKAAN | Vrou skrik vir sprinkaan in huis |
| 24. | KAPTEIN | Kind sing "Kaptein" met pienk mikrofoon |
| 25. | LEIBAND | Hond trek ander een aan leiband |
| 26. | KOEK | Paartjies sukkel om troukoek te sny |
| 27. | TRANE | Papegaai "huil" en meisie begin saam huil |
| 28. | BROEK | Man se broek gly af wanneer hy op leer is |
Finaliste - Humor
Hier is hulle in alfabetiese volgorde - 2010 se finaliste vir die humor afdeling van Kwêla en Echo 4x4 Amateur video-kompetisie
| WEEK 1 | ||
| 1. | DUIK | Jors die worshond duik bal uit swembad uit |
| 2. | GIMNAS | Kind balanseer op een been op pa se hand |
| 3. | SKRIK | Kind skrik vir pa wat uit water uitkom |
| 4. | SOET | Kinders bid, maar wil nie soet wees nie |
| 5. | VAL | Man lag vir vriend wat van motorfiets afval |
| WEEK 2 | ||
| 1. | BEL | Kind is kwaad vir ma en maak of sy pa bel |
| 2. | BID | Kinders bid – een herinner ander aan alles |
| 3. | KAAL | Kind ry kaal op vierwielmotorfiets |
| 4. | MODDER | Dogtertjie wil nie in modder loop nie |
| 5. | SOKKER | Koedoe speel met bal |
| WEEK 3 | ||
| 1. | AMEN | Hendrik bid en sing voor ete met gepaste handgebare |
| 2. | HARTSEER | Kinders huil oor ’n perd wat op ’n kinderprent dood is |
| 3. | HUIL | Kind hou nie van Hannah Montana liedjie nie |
| 4. | KARNUFFEL | Kat en hoender speel |
| 5. | TAIWAN | Taiwanese Yang sing "Dis julle wat die wind laat waai" |
| WEEK 4 | ||
| 1. | BILTONG | Pelsie die hond is kieskeurig as dit by biltong kom |
| 2. | MOEG | Kind raak op vloer aan die slaap |
| 3. | MOLLIE | Mollie die papegaai sing |
| 4. | SKATER | Pa trek kous oor hond se kop en kind lag |
| 5. | SPRINGBOK | Bok spring agter motorfiets aan |
| WEEK 5 | ||
| 1. | BROEK | Man se broek gly af wanneer hy op leer is |
| 2. | GRAS | Kind boots randsnyer na |
| 3. | KAPTEIN | Kind sing "Kaptein" met pienk mikrofoon |
| 4. | PAP | Dogtertjie eet maatjie se pap |
| 5. | SURF | Stompie die hond spring op branderplank |
| BEOORDELAARSKEUSES | ||
| 1. | BAD | Hond word gebad maar hou niks daarvan nie |
| 2. | DANS | Verkleurmannetjie stap oor warm teerpad |
| 3. | HIERT | Man maak vriend bang met likkewaan |
| 4. | KANO | Twee vroue in ʼn kano begin sink |
| 5. | KLIP | Landrover ry oor klip en iemand val af |
| 6. | LEEUS | Grompie en Queenie die leeus maak amok |
| 7. | SKUD | Seuntjie dans kaalbas terwyl hy kar was |
| 8. | TIER | Panjo speel met die Jack Russels |
| 9. | TRANE | Papegaai huil en meisie begin later saam huil |
| 10. | WENS | Man val agteroor in Trevi fontein |
Wenners 2010 - Humor
| TOP 10 - 2010 | ||
| 1. | KAPTEIN | Klein Maree Lourens sing "Kaptein" met pienk mikrofoon |
| 2. | SPRINGBOK | Stegman, die mak springbok spring agter motorfiets aan |
| 3. | SOKKER | Bok, die mak koedoe speel met groot sokkerbal |
| 4. | AMEN | Hendrik bid en sing voor ete met gepaste handgebare |
| 5. | VAL | Man lag vir vriend wat van motorfiets afval |
| 6. | BILTONG | Pelsie die hond is kieskeurig as dit by biltong kom |
| 7. | MOEG | Kind raak op vloer aan die slaap |
| 8. | TAIWAN | Taiwanese Yang sing "Dis julle wat die wind laat waai" |
| 9. | PAP | Dogtertjie eet maatjie se pap |
| 10. | SKATER | Kind raak op vloer aan die slaap |
Week 1 - Algemeen
| 1. | UIL | Uil neem intrek by mense |
| 2. | LIKKEWAAN | Likkewane paar |
| 3. | LUIPERD | Luiperd steek rivier oor |
| 4. | BRAND | Brand in Mosambiek |
| 5. | LAM | Herdershond en lam |
| 6. | MALGAS | Die malgasse op Voëleiland |
| 7. | MUISE | Muise met drie kleintjies aan stert |
| 8. | NES | Kakelaars en houtkappers |
| 9. | MAMBA | Twee mambas baklei |
| 10. | VOLSTRUIS | Volstruise raps mekaar |
| 11. | SNEEU | Sneeu in Sutherland |
| 12. | KOEDOE | Koedoebul gebruik horings vir blare |
| 13. | KIEWIET | Kiewiet probeer slangetjie insluk |
| 14. | JAG | Luiperd leer kleintjies jag |
| 15. | BOBBEJAAN | Bobbejaan spring in motor |
| 16. | OLIFANT | Olifant swem van Zambië na Botswana |
| 17. | DUIWE | Wedvlugduiwe op oefenvlug |
| 18. | KOSIBAAI | Kosibaai se viskrale |
| 19. | SPREEU | Twee spreeus veg oor wyfie |
| 20. | LUISLANG | Man lol met luislang in pad |
| 21. | BUFFEL | Trop leeus isoleer buffel in water |
| 22. | KAT | Kat en slang |
| 23. | VERVEL | Verkleurmannetjie vervel |
| 24. | MIERE | Miere vang muis |
| 25. | RED | Klein impala word uit modder gered |
Week 2 - Algemeen
| 1. | MOSSIE | Mossie neem sy intrek by mense |
| 2. | WESPE | Wespe steek bobbejaanspinnekop dood |
| 3. | STERT | Likkewaan slaan muishonde met stert |
| 4. | SKAAP | Skaap loop op voorpote |
| 5. | SKIET | Ouens verwyder slang uit motorenjin |
| 6. | VALK | Blouvalk eet muis |
| 7. | GEBOORTE | Verkleurmannetjie kry kleintjies |
| 8. | PADDA | Brulpadda vang miere |
| 9. | BLAAS | Rooibokke blaas vir luiperd |
| 10. | KOBRA | Twee Mosambiekkobras veg |
| 11. | KAMEELPERD | Gewonde kameelperd kry nuwe lewe |
| 12. | SLURP | Olifant staan teen boom op om blare te pluk |
| 13. | MALAWI | Malawi reisjoernaal |
| 14. | PROOI | Rooibokke baklei toe luiperd opdaag |
| 15. | PAAR | Muise wat paar |
| 16. | SEEMEEU | Seemeeu wikkel kos los |
| 17. | POFADDER | Twee pofadders baklei tydens paar-seisoen |
| 18. | VOLLA | Modelvliegtuig Volla tydens sy eerste vlug |
| 19. | VREET | Hiënas vreet bok |
| 20. | HAMERKOP | Hamerkoppe paar |
| 21. | VIS | Slanghalsvoël sluk vis heel in |
| 22. | SKILPAD | Skilpad lê eiers |
| 23. | SODWANA | Sodwana se koraalriwwe |
| 24. | GEITJIE | Geitjies is kannibale |
| 25. | DRAAD | Olifante help kalfie oor heining |
Finaliste - Algemeen
Hier is hulle in alfabetiese volgorde - 2010 se finaliste vir die algemene afdeling van Kwêla en Echo 4x4 Amateur video-kompetisie
| 1. | BOBBEJAAN | Bobbejaan klim in toeriste se motor |
| 2. | DRAAD | Olifante help kalfie oor heining |
| 3. | GEBOORTE | Verkleurmannetjie kry kleintjies |
| 4. | KIEWIET | Kiewiet probeer slangetjie insluk |
| 5. | KOSIBAAI | Kosibaai se viskrale |
| 6. | LAM | Herdershond en lam |
| 7. | MOSSIE | Mossie neem sy intrek by mense |
| 8. | MUISE | Muise met drie kleintjies aan stert |
| 9. | NES | Kakelaars en houtkappers |
| 10. | PROOI | Rooibokke baklei toe luiperd opdaag |
| 11. | RED | Klein impala word uit modder gered |
| 12. | SKAAP | Skaap loop op voorpote |
| 13. | SODWANA | Sodwana se koraalriwwe |
| 14. | UIL | Uil neem intrek by mense |
| 15. | VIS | Slanghalsvoël sluk vis heel in |
Wenners 2010 - Algemeen
| TOP 10 - 2010 | ||
| 1. | DRAAD | Olifante help kalfie oor heining (Johan en Jeanette) |
| 2. | RED | Klein impala word uit modder gered (Albert en Marinda) |
| 3. | GEBOORTE | Verkleurmannetjie kry kleintjies (Jaco en Michelle) |
| 4. | PROOI | Rooibokke baklei toe luiperd opdaag (Erica en Ronnie) |
| 5. | UIL | Uil neem intrek by mense |
| 6. | NES | Houtkappers verjaag kakelaars uit nes |
| 7. | MUISE | Mamma-muis met drie kleintjies aan stert |
| 8. | MOSSIE | Mossie neem sy intrek by mense |
| 9. | VIS | Slanghalsvoël sluk vis heel in |
| 10. | SKAAP | Skaap loop op voorpote |
Wenners 2010 - Algemeen
| TOP 10 - 2010 | ||
| 1. | DRAAD | Olifante help kalfie oor heining (Johan en Jeanette) |
| 2. | RED | Klein impala word uit modder gered (Albert en Marinda) |
| 3. | GEBOORTE | Verkleurmannetjie kry kleintjies (Jaco en Michelle) |
| 4. | PROOI | Rooibokke baklei toe luiperd opdaag (Erica en Ronnie) |
| 5. | UIL | Uil neem intrek by mense |
| 6. | NES | Houtkappers verjaag kakelaars uit nes |
| 7. | MUISE | Mamma-muis met drie kleintjies aan stert |
| 8. | MOSSIE | Mossie neem sy intrek by mense |
| 9. | VIS | Slanghalsvoël sluk vis heel in |
| 10. | SKAAP | Skaap loop op voorpote |
Wenners Kykerkompetisie 2010
Hierdie gelukkige Kwêla kyers is die wenners van 'n Sniper flits en Kwêla Feite en Geite 3 DVD en kom ook in aanmerking vir die Namib sleepwaentjie. Jy kan ook 'n gelukkige wenner wees deur vir jou gunsteling video te stem op 33157.
Algehele wenner: Piet Nel - Odendaalsrus
22 September 2010
Susan Bruwer - Ceres
Anne Fitzhenry - Benmore
Erika Loubser - Franschhoek
29 September 2010
Marietjie Delport - Ficksburg
Poppie Motobole - Vereeniging
Sonja Rall - Robertson
06 Oktober 2010
Heleen Coombe - Delmas
Jesse Kotze - Swakopmund
Marita Kruger - Pretoria
13 Oktober 2010
Anne McClelland - Milnerton
Jackie Strydom - Roodepoort
Marie van Rensburg - Brits
20 Oktober 2010
Leon Viljoen - Middelburg
Makkie Smit - Bela-Bela
Sarah Viljoen - Aranos Namibia
27 Oktober 2010
Alecia Nieman - Klawer
Maryna Ducasse - Bronkhorstspruit
Jan Janse van Rensburg - Springs
24 November 2010
Sonja Kruger - Steelpoort
Lukas Nigrini - Beaufort-Wes
Hester Vockerodt - Queenstown
1 Desember 2010
Evert Bam - Hartbeespoort
Annerie van Doorn - Nelspruit
Ansja Wille - Bloemfontein
8 Desember 2010
Nico de Jager - Windhoek
Piet Nel - Odendaalsrus
Monica Swanepoel - Tzaneen

